SMS’e vir 4 Januarie 2021
“… die beste en mooiste …”
Aan ieder en elk wat tydens die Kersgety ‘n diens gelewer het, wat nie op Kersdag en Gesinsdag saam met familie en vriende kon kuier nie: BAIE DANKIE vir jul opofferings. Ons wens elkeen toe ‘n 2021 wat die beste en mooiste ooit sal wees!
Op Hentiesbaai kan die polisie maar gaan. Die buurtwag weet tien keer meer as hulle van padblokkades, padvaardigheid van voertuie, deursoeking, streng toepassing van Covid-19-reëls, patrollies en alle misdaadvoorkoming en ondersoek. Trots op julle, doen so voort! – SV
Met ‘n baie ongelukkig hart wil ek vertel hoe Covid-mense in ons hospitaal behandel word. Die susters het geen meegevoel vir Covid-pasiënte nie. Hulle is ongeskik, praat soos hulle wil, gee nie om of hulle water kry of nie, worry nie of hulle geëet het of nie dan word dit nog gesê die mense moet hospitaal toe gaan. Ons kan maar by ons huise bly en vir onsself isoleer. Waar kan ek die susters kla? Nie almal is so nie, maar ek voel daar moet iets gedoen word. Dis mense met wie hulle werk en nie diere nie. Dit lyk vir my solank julle net julle geld verdien, worry julle niks.
Die probleem is wat gebeur in werksure. Die probleem word geensins opgelos deur in te boek en uit te boek by die werk nie. Daar is staatsamptenare wat elke dag by die werk is. Let wel: hulle IS by die werk. Maar daar word nie gewerk nie. So hoe gaan ons daardie probleem oplos? Ek is self ‘n staatsamptenaar. My werk is my trots. Ek gee om vir diegene aan wie ek ‘n diens moet lewer. Ek sit nie daar om net ‘n salaris te kry nie. Party mense voel wel hul kry hul salaris, hoekom sal hul hul beste gee.
Watse grap! Van 9uur in jou huis of erf? By sjebeens en ander drinkplekke maak hulle net die deure toe, maar almal kan inkom en binne teen en op mekaar sit en kuier tot die volgende oggend. – Sali
‘n Ding wat nou regtig sy kop uitsteek en baie erg raak, is die moeders wat met hul kinders in die son by die verkeersligte staan naby die xxx mall (in Windhoek). Die kinders het netjiese klere aan, maar nou moet hul staan en bedel. Van daardie kindertjies word so alleen gelos. Wanneer beland daardie kinders voor die motors? Dis regtig ‘n baie ongemaklike situasie. Kan iemand nie ‘n plan maak nie?
Is Namibië agter die klip? Stel rapid tests so gou as moontlik in sodat SA vakansiegangers kan huis toe ry. Probeer om ten minste 25% van Namibiërs te vaksineer voor Mei volgende jaar. Lyk my ons moet ‘n paar blikkies quick start daar by die minister van gesondheid gaan aflaai. Moenie wag virdie WHO om iets te doen nie. Neem self die inisiatief.
Niemand kon ‘n opklaring gee vir die woord sielsaligheid. Dis ‘n woord in die Afrikaanse taal en die betekenis is so intens geestelik dat geen penpunt of mensetong dit kan opklaar nie, maar ek kan dit verklaar. Dit beteken onsterflikheid. Dis die gawe en diesulkes wat dit het, het ewig lewe in die alles oortreflike heerlikheid in die teenwoordigheid van God. Hulle sal geen bewussyn van sonde en ‘n oordeel hê nie. Groete – Sedney J. Ockhuizen

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie