SMS'e vir 4 Desember 2020
SMS'e vir 4 Desember 2020

SMS'e vir 4 Desember 2020

"...'n onsigbare verkeerslig..."
Mandy Rittmann
Ek soek hulp! Mnr. Walters, kan u kantoor vir ons aan die kus sê watter maatskappye het met lockdown hulp by die regering gekry. Ons kry steeds halwe salarisse, banke vat ons huise, kinders moet universiteite los, ons karre moet verkoop word. Wie kan help asseblief?



Mnr. Job Amupanda, asseblief, los nou die koloniale chain, u plig as burgemeester roep. U trouring, onderklere, boekgeleerdheid, u graad, u hoedanigheid as burgemeester, in kort als wat u en iedereen van ons se lewens vandag beïnvloed, is wat die Europese Weste en Asiate se inslag bewerkstellig het. So was daar ook soet by die suur van ons belewenis. Behandel alle CoW-kliënte selfde as gelykes. Kyk ook na sommige salarisstrukture wat deur die sukkelende inwoners ge-abba moet word. Wat is so spesiaal omtrent City Police dat hul salarisse vêr bo Namibian Police moet wees? Restructure the whole system. Citizenry of our capital bleed and stop this water and electricity cuts and give citizens a breather this festive season. Covid joblessness has hit every where. God bless. - Axaro



Amupanda just get over yourself and let the past be. So sick of racism just in another form.



Keetmanshoop se grondpaaie is in 'n verskriklike toestand. Jou voertuig word uitmekaar geskud. Munisipaliteit doen iets asseblief, ons is raadop.



Kan iemand my tog verduidelik van ECN, of die kandidate van enige party nie pay nie.



Hoekom pla dit mense of voertuie geregistreer is in die dorpe waar hulle bly? Personal plates gee geen indikasie van dorpe nie. Dan moet hulle mos eintlik ook 'n probleem daarmee hê?



En nou, wat gaan in Rehoboth aan? Who is the Mayor? People are not serious.



“Maniere!” (3 Desember 2020) Willem, dit noem ek nou 'n gemoedsbek . . . so op 'n Sondagaand, veral as blou Maandag ook nog wag. – Willie



Ons as kliënte van MTC vra tog asseblief dat daar namiddag bietjie later toegemaak word, al is dit net vir die vakansietyd. Sal dit waardeer.



Munisipaliteit, ons strate is donker.

- Gemengde lokasie



Dankie Stad Windhoek. Ek stuur elke maand op die 21ste my waterlesing en het nog nooit 'n probleem of navraag gehad nie. – Dries



MultiChoice, kan julle nie vir ons pensioenarisse afslag gee nie asseblief. Kyk daarna, ons sal dit waardeer.



Is daar 'n onsigbare verkeerslig by Auas- en Blackwoodstraat? Jul stop onwettig in die pad om mense kans te gee om te ry, dan blok verkeer by South Port. Windhoekers ken nie van padreëls nie. Dom verby.



As jy met jou houding aangaan om die septer te swaai teen mense, jou gewig rond te gooi om iets tuis te bring met 'n harde hart, jou mond uitstort oor die hulpeloses, waarborg ek jou dat daar gaan 'n dag aanbreek, dat jy deur God geoordeel sal word vir al jou optrede. Loop lees jou Bybel!

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer