SMS'e vir 31 Oktober 2017
SMS'e vir 31 Oktober 2017

SMS'e vir 31 Oktober 2017

“. . .nie grond vir Krismis gekry. . .”
Mandy Rittmann
“Practice what you preach”. Ek lees vanoggend in die Republikein van 30 Oktober 2017 wat die salarisse van huishulpe deesdae moet wees. Die salaris, kos (een maaltyd per dag), vervoer en uniform (een per maand) kom al klaar vir jou op N$4 900 per maand uit. Verblyf, klere, water en krag uitgesluit. Wow! Nou gaan kyk ons na die salarisse van “Government Institutional Workers”. Nie naby wat huishulpe ontvang nie. Geen gratis verblyf of water of hoe bring jy die twee bymekaar? Ek vra maar net?



Meneer of dame, u het die kat aan die verkeerde kant beet! Ek is nie hervestig nie, maar wil jou reg help. Die boere het nie grond vir Krismis gekry soos wat jy dit stel nie. Die mense betaal huur vir die grond, dis moonlik iets. Kry jou feite agtermekaar, ons praat hier van donasies wat julle alleen bevoordeel. Ek sê soos jy ook maar net.



Stad Windhoek! Hoe moet ek my rekeninge betaal as julle nie vir my my rekeninge e-pos nie? My een rekening het ek die maand twee keer gekry en my ander rekening glad nie.



Can one of the newspapers please do an investigation on the 200 youths who went to Russia on the 5 million airfare joyride, including ages of youths, accommodation, total cost of trip and accompanying officials and SNT and publish this same? We have a right to know on whom and what our hard earned taxpayers money is waisted!



Is dit moontlik om die faksnommer en e-posadres van die ministerie van arbeid deur te gee vir die opgawevorm vir huishulpe wat ingedien moet word. Hulle telefoon lui net of is beset. Baie dankie. (By die volgende skakel is 'n volledige lys van arbeidskantore op alle dorpe beskikbaar. Geen e-posadresse word egter aangedui nie. www.mol.gov.na/regional-offices-contacts - Redakteur)



Ek stem. Jy kan jou self help, maar wie sorg vir die diere van die veld? Dankie vir daardie boere. Ek myself korrel my broodkrummels elke oggend om te sien hoe hulle dan hulle kuikens kan voed, te heerlik om 'n diens te lewer. Al is dit net aan voëltjies.



Namib Times is full of crime prevention tips. Which is good an well but the point is that in Namibia there is no police presence. I have never seen a single police officer patrolling the streets day or night? Is that not part of their work? Are they just paid to stay indoors waiting for crimes to be reported, instead of going out and preventing crime? It seems neighbourhood watches are doing their policing work at no pay and are making the police complacent and lazy? This also goes for traffic cops. Lucky to see one once or twice a week!



Ek wil tog vir die Mariental stedelike kiesafdeling se raadslid wat met Swapo sake rondhardloop sê dat hy aan sy kiesafdeling moet aandag gee, want ons in die informele areas het krag en water nodig. Ons het vir hom gestem en sal vra dat hy die kantoor verlaat. Hy doen niks vir ons, maar meng in ander mense se sake in.



Doen dit beter volgende keer wat betref sokkerlegendes. Die volgende sokkerspanne het legendes, nie die laaities nie: Orlando Pirates, Chelsea, Chief Santos, Blue Waters, Eleven Arrows, Eleven Explora, Stars, Black Africa, Lifefighters, BMC, Liverpool - manne soos Pius Eigowab, Mengo, Gerros, Storm Teacher, Vyfselle. Ek dink dis die legendes.



Vriende se seun word met Parkinsons siekte gediagnoseer. Hy het 'n lewenspolis wat so 'n geval dek, maar spesialis moet 'n verslag invul en brief skryf van bevinding. Hy wag veertien dae voor daar tyd is vir dokter om dit te doen, teen 'n koste van N$2 500. Dit is darem vreeslik, want al die inligting was op sy lêer. Die ontvangsdame sê ja, maar die polisouens betaal dit mos, maar nee, die persoon moet dit self betaal. Is daar nie iets wat hieraan gedoen kan word nie, dit is mos helder oordag rowery.



Rössing se ou werkers, gee die saak vir Interpol sodat almal wat betrokke is met bedrog agter tralies beland.



Namibië se regering neem vingerafdrukke van elke inkommer. Namibië vrot van kriminele wat hier kom wegkruip.



Wanneer wil City of Windhoek die kontrakte van die Shack Dwellers Federation na ons toe bring hier in 7de en 8ste Laan om te teken? Ons wag nou al van 2008 af. Ons het nie toilette nie. Wil ook graag ons steenhuise bou. Doen tog iets, asseblief!



In Afrika mag jy rassisme beoefen, maak egter net doodseker dat jy nie blank is nie. - SAP&H



Casino's in Windhoek is 'n grap. Hul vat net van die publiek, maar skenk nie 'n sent vir liefdadigheid.



Waarom kerm die Cravenweek-keurders nou? Het hulle nie telkens hul gunstelinge gekies bo die beter spelers nie? Die keurders is die oorsaak dat Namibië nou met 'n rooikaart sit.



Wat gaan oorkant Cimbebasia in die bosse aan? Dit word nou 'n plakkerskamp. Kan die munisipaliteit asseblief iets daaraan doen!



“Politics of the belly:” Some old political has beens and some young tribalist political opportunists are now using Penny Iivula-Ithana and Jerry Ekandjo as springboards and gateway to parliament. Hoping and desperately campaigning for Jerry to one day become president and appoint them ministers etc. Some ­people are so addicted to corruption and tribalism that they can do anything to get whatever they want at any cost. God have mercy on Namibia.



Dankie vir die mooi pienk voorblad vir borskankerbewustheid. Die bygaande foto ondersteun na my mening nie die onderwerp nie. Wees asseblief sensitief vir ons vroue wat elke dag 'n teiken van geweld is.



Geluk aan al die wenners by vanjaar se MTC-toekennings. Wat my egter pla, is dat boks, wat 'n volle professio­nele sport is, met volslae amateurs meeding en gedurig met louere en geld wegstap. Hoe werk dit NSK en MTC?



Ek kan nie verstaan waarom daar nou moet verwys word na die krismisplase wat aan hervestingsboere toegeken was nie. Baie van julle het ook maar krismisplase gekry en geen haan het gekraai nie. Spreek die aangeleentheid aan waarna verwys was en stop met die neerhalende opmerkings.



Kyk hoe vuil is dit by ons padblokkades. Veral die een buite Windhoek op pad Rehoboth toe. Meneer, as jy op jou rug sit, kyk om jou rond. Dan sal jy dit dalk raak sien.



Die gerieflike politieke leuen van huise uitdeel, net voor verkiesings, aan die arme misleide, alles aanvarende Namibiese nasie het alreeds die afgelope week begin onderleiding van ons agbare staatshoof.



Ek, Laurentius Jossop van Karasburg, was ook in SAW. Ek wil registreer. Help asseblief. Dankie. (Ek het ook nog van die "grem"-speelplate as iemand belangstel. - 081 660 9971



Whoever is responsible for animal cruelty of starvation and no water for horses in a kraal in municipal camp at Keetmanshoop should be jailed with same treatment. Shame on you!!!



Die hervestigingsboer van Karasburg se kant, ai nee wat, los die wit boere uit. Jy het jou stuk grond. Hou op om kwaad rond te gooi en doen jou ding.

Kommentaar

Republikein 2026-03-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer