SMS'e vir 30 Oktober 2020
SMS'e vir 30 Oktober 2020

SMS'e vir 30 Oktober 2020

"Kleur mense se lewens in . . ."
Mandy Rittmann
Henk Mudge het nie nodig om bronne vir omvattende navorsing te verskaf nie. Jy het net gesonde verstand nodig om te besef dat as maskers en social distancing gewerk het, sou diegene wat dit toepas sekerlik nie die virus kon opdoen nie.

Hoop die minister van gesondheid het kennis geneem van die tweede vlaag van die virus in Europa. Hoop daar word vooruit beplan vir meer hospitaalbeddens en so meer of sal ons nou eers weer sit en wag tot ons in die krisis is voor ons wakkerskrik?

NaTIS, why does it now take 4 months before a driving license is ready to be collected? Please tell us how many people per day apply for drivers licenses, how many people are working in this section, how many hours per day this staff is supposed to work and how long does it take to complete one drivers license. We will do our own calculations to see if working or loafing is taking place.

Om ’n Swapo-kantoor ’n face lift te gee in Keetmanshoop terwyl mense van weggooikos by die ashoop moet lewe, daar 'n tekort aan medisyne by staatshospitale is, mense 2 tot 3 dae moet gaan wag/bedel om ’n dokter te sien? Kleur mense se lewens in met sigbare omgee, nou paint julle ’n propagandakantoor met die 3 blind mice se afbeelding op wat dié land binne 30 jaar deur aambeielaan getrek het? Geen wonder ek raak onmiddellik ontslae van die 3 miljoenêrs se N$30-noot nie, want ek is bang dit raak weg tussen die ander note. - Keytamanshopa

Ons kom kuier op Usakos en wat ’n ontnugtering toe ons hoor wat die inwoners se munisipale rekeninge is. Daar is lug in die pype en terwyl die water met die hoes en proes uit die kraan probeer normaal loop, hardloop die meter met spoed en dit alles veroorsaak dat die mense hengse groot rekeninge kry en kla help nie. Alles val op dowe ore. Help asseblief!

DStv oordonder ’n mens met advertensies. Moenie kwaad word nie, gaan maak in daardie tyd ’n koppie koffie. Jy kan ook die remote se Alt-knoppie druk om gou-gou terug te gaan na die vorige kanaal wat jy gekyk het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer