SMS'e vir 30 Maart 2021
SMS'e vir 30 Maart 2021

SMS'e vir 30 Maart 2021

". . . 4x4 raak weg . . ."
Mandy Rittmann
Minister van gesondheid, wanneer gaan jy ophou verduidelik en iets doen?

Wil graag net bekend maak dat Omaruru nou 'n 1 000 putjie gholfbaan het, maar die meeste putjies is so groot jou 4x4 raak weg, maar munisipaliteit sien niks.

Baie bly vir die dame dat sy in Duitsland kan au-pair. Net een vraag: hoe kry enigiemand dit reg om sonder ’n graad 10 vir ’n 3 jaar kursus in berading te kwalifiseer? Vra, want soos dit vir my lyk hoef ons amper nie meer skool toe te gaan om universiteit toe te gaan nie.

Dankie vir die sportberig oor ons netbalspan, 26 Maart 2021, maar hoekom stel julle net die SA speelsters aan ons bekend?

Die persoon wat die cocktail scones bak, ons soek scones nie rou deeg nie, asseblief.

"Gedog almal kry swaar". Baie Swakop-besighede het arrogante eienaars en personeel, dit was nog altyd so. Ons is bly vir jou dat dit só goed gaan, dat jul nie swaarkry en eerder na ’n Karibiese eiland kan gaan.

Baie dankie Pick n Pay vir die pensioenarisafslag elke Woensdag op aankope. Komaan Checkers, Spar, Shoprite en U-Save en al die ander winkels.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer