SMS'e vir 30 Januarie 2018
SMS'e vir 30 Januarie 2018

SMS'e vir 30 Januarie 2018

“. . .werk elke dag kliphard. . .”
Mandy Rittmann
Ons ou vissermanne doen aansoek vir seewerk, maar ons kry nie, dan vat hulle onervare jong mannetjies wat niks ken en betaal hulle.



Wil net graag die persoon baie mooi reghelp wat sê dat Rehoboth se mense net kla en ook meer moet "travel" na ander dorpe. Rehoboth was eens 'n vooruitstrewende dorpie met wet en orde, maar nou onder hierdie nuwe bestuur is dit 'n riooldam met stukkende en vervalle paaie. En jy verwag ons moet net betaal vir dienste? Ons werk elke dag kliphard vir elke dollar. En dan moet my kar uitmekaar skud, omdat ons bekwame manne nie meer die padskraper kan of mag ry. Jislaaik, man. En in hierdie moderne tyd nog op stofpaaie ry? Aikona!



Aroab Village Council: Wat moet 'n mens maak om 'n erf te kry, want aansoek doen help nie? Sekere mense kry erwe, of moet jy iemand ken of familie het wat daar werk?



Unbelievable! Another serious trial. Mouton allegedly killing 3 people while driving seriously drunk - blundered by police bungling blood sample. Such blatant incompetence should be a punishable crime in itself.



The Nama and Ovaherero are paying for their costs related to the court case in America. The Namibian Government and as such the tax payers are not paying for the bill. It is outrageous to expect Nama and Ovaherero people to now take over responsibility of the Ministry of Poverty.



Uit liefde kom hartseer en deur hartseer kom verbittering en deur verbittering kom leed en dis 'n leed wat "Department of Works" aan my gedoen het, 'n sieleleed.

"Department of Works" is 'n ­sielemoordenaarsplek. Ek, N. Gertze, het op 4 Maart 1977 Dinsdag gebegin werk, ­ge-"retire" op 30 September 2013 ­Maandag. My "leave days" was soos volg: Gevriesde dae van "Old GRN" 163 met uitgaande GRN 1989.

Inkomende GRN was 143 "leave days". Totaal 306 "days". Gevriesde dae moes voluit betaal gewees het, dit kan nie 34 by 30 gewees het nie om 'n bedrag N$64 118,40 gemaak het nie en dan kom my diensjare van 36 jare. Ek moes volgens Napwu meer gekry het. Die ondersoek deur die Ombudsman is sonder verslag aan my afgelas. Selfs die streekhoof van "Works", Keetmanshoop. Nie almal van Namibië lag saam nie, hulle antwoord ook nie werksfone nie. Onthou hierdie wêreld sal verby gaan, maar my God se woorde sal nie verby gaan nie.



Kan iemand my tog raad gee vir swartmiere. Dit vreet my ­vrugtebome se blare op en my plante. Asseblief!



Almal sê dat ons Basters kla, maar niemand reik 'n hand uit nie. Waar is die regering? Ons kry swaar wat water aanbetref. Dit val op dowe ore. As jy nie jou rekening betaal nie, word jou water gesny. Niemand gebruik water gratis nie.



Die brouery moet 'n deposito hef op alle bierbottels en die geld gebruik om op te ruim.



Dis 'n "Moon Moth", dit kom meer in die noorde in tambotiewoude voor. - Dr. De Koning

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer