SMS'e vir 3 Desember 2019

03 December 2019 | Menings
Ons eie Hage. Ons oumense het ook vir jou gestem, sit tog iets by onse pensioen. Asseblief!



President Hage Geingob. U sien nou dat u weer verkies is, maar u sien ook dat daar 'n geweldige afname in steun vir u was. So asseblief, kom ons roei korrupsie uit. Sodoende sal daar geld wees om in ons land se behoeftes te voorsien, asook die inwoners s'n van oos na wes en noord na suid. Kyk waar ons kan bespaar. Maak u kabinet kleiner, kyk na die beheer van regeringsvoertuie wat onnodig vir eie gebruik, gebruik word. Bou skole waar leerlinge in praktiese rigtings opgelei kan word, om sodoende ná skool goeie entrepreneurs te word. Ons kinders het die talente.



Nou ja! Wat 'n skandelike lot. Die president, sy prokureur en nogmaals die visminister se name in die modder gesmeer deur Al Jazeera se nuusdiens en toe land hulle Zuma-prokureurs van Suid-Afrika ook nog in die tjoekie. Man, ek verheug my in die klomp skelms se dilemma.



Diegene wie vir korrupte leiers stem, voel julle nie skaam nie? Jul stem beteken jul is tevrede met hul korrupsie.



Of ons dit nou wil weet of nie. Namibië word gekenmerk aan sy vrede en harmonie. Die verkiesing is gehou. Die uitslag is gegee en in vrede gaan ons maar net weer aan. Puik, Namibiërs!



Ek wil net hoor of daar ander GIPF-lede is wat ook nie Novembermaand hulle betaling gekry het nie?



Does anyone know who to contact regarding the new ITAS online tax system. After numerous emails to the mail address on line, nobody answers my query. Oom Calle, your department needs a kick.



Mr. Police Commissioner. Your subordinates knows nothing about leading by example. Sunday morning, POL 8681 (black pickup) at 08:20 did not bother to stop at any stop street in Swakopmund in the street from the municipality up to the traffic light at Shoprite. This truly reflects a poor picture of your department.



Dit is net Jesus se bloed wat ons uit die vloeke kan loskoop. Bloed van soldate en vryheidsvegters bring vloeke, want die grond drink dit in. Namibië is 'n bewys, want jy sing daardie landslied. Ek gaan dit nie sing. – Kruisman



Kalkrand is deur 'n antichrisgees toegesluier soos 'n anakondaslang. Mense wil niks van God en die waarheid hoor. Ek preek Sondag in strate van Jesusbloed en hier kom 'n klein warrelwind soos 'n bossie na my aan, en ek wys met my vinger en pleit die bloed van Jesus en die windjie skuif weg en skiet hom op omtrent 30 meter soos 'n groot slang en hy hang in die lug. Ek het foto's met my foon geneem en agterna sien ek heelbo die windstroom is 'n sirkel wat blink en die kop van die slang gee tekens. In 2020 gaan ek groot boodskappe bring. Kyk uit. - Kruisman



What a relief I am not the only one that have experienced the degree of unprofessionalism of these two examiners at Rehoboth NaTIS. One would think that to fail must be based on transparent standards and not misuse of power. Come to think, where is the lady that opened Rehoboth NaTIS? I failed with dignity and returned with a smile. We want the name of Rehoboth NaTIS to be restored to the time it was opened and became known as the best NaTIS in the country. Please make sure these two attend customer service courses and make sure they pass because Rehoboth is not a rubbish dump. These characters are not a true reflection of RA and the Government!



En daar skrou elke opposisieparty en ander kandidate soos elke keer opnuut die kiesuitslae is gekook. Dan was daar ook kookwerk in julle guns, anders sou Swapo nie soveel swakker gevaar het nie? Ek dink verantwoordelike leiers moet vooraf mooi nadink oor sulke uitsprake. Kom eers met die bewyse en dan kyk ons . . .



Ek wonder of demokrasie so 'n goeie idee is. Miskien moet mense eers 'n toets aflê voor hulle mag stem.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

17 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

17 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

17 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

17 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

17 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

17 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...