SMS'e vir 3 Augustus 2021
SMS'e vir 3 Augustus 2021

SMS'e vir 3 Augustus 2021

"...oumense sit angstig..."
Mandy Rittmann
Myns insiens kon Namibië beter gedoen het met die verkryging van entstowwe. Myns insiens word ouer mense onnodig blootgestel aan sterftes. Veral die wat in April hul eerste spuit gekry het, kan nou nie hul 2de spuit kry nie as gevolg van 'n tekort aan entstowwe. Sê maar net.



Ek verkwalik minister Shangula vir die tekort aan AstraZeneca-entstow­we. Swak beplanning! Duisende oumense sit angstig en wag op hul tweede spuit. Geen aflewerings­datum is in die vooruitsig nie. Swak, swak, swak.



Sny die staatspresident se pay met dieselfde as besighede en ­restaurante se verliese, dan sal die grappies gou-gou ophou. Waarom mag hy geld verdien, maar die ­publiek nie?



Hoekom wonder almal hoe die bakkie onder die U-draaiende vragmotor ingery het naby Henties? Dis vanselfsprekend dat die bakkiedrywer besig was om te text op sy selfoon, dis mos die nasionale sport en die spietkops is te stupid/lui om iets daaraan te doen. Hoe kon hy daardie reusevragmotor miskyk dwarsoor die pad as sy oë op die pad was? Wakker word spietkops en begin skryf die mense vir texting in die kar.



Kalkrand se polise slaan die mense in plaas van ondersoek die saak. Hulle gooi die mense met water nat en slaan die mense, is dit reg so? Grootkoppe, help ons asseblief.



Ons president. Swartbooi was ook van die partie en hy weet wat daar aangaan. Van die mag van Swapo sal net die Here vir ons verlos. Ons sal nog LPM stem.



Alle kinders is nie onbeskof nie. Luister ook net mooi. Ons kinders word met Engelse invloed groot. As hy of sy sê tannie ek wil vir jou iets wys, is die vir jou 'n duidelike teken van die Engelse you se invloed en het niks met maniere uit te waai nie.



Ek is tog op soek na tweede­handse klere vir drie ­weeskinders.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer