SMS'e vir 29 September 2021
"...gaan oor die posisie..."
"Staat faal kinders": Uiteindelik is dit presies wat in Rehoboth gebeur. Dit gaan oor die posisie waarin hulle is. By hierdie mense gaan niks oor die kind nie. Ek het eerste handse ondervinding, tot klerke van die hof misbruik hul mag. Dit het 2-3 maande gevat net om ’n dokument te teken, want daar is glo nie tyd nie. Raak asseblief ontslae van al daardie vrot appels.
Van die staat se SOE’s wat nie belasting of mediese aftrekkings oorbetaal nie, steel my geld waarvoor ek gewerk het!
CEO’s kry twee-honderd-duisend en meer per maand, maar daar is nie geld om ’n eenvoudige operasie uit te voer nie, of nog erger, bloeddruk- of suikersiektepille is nie in voorraad nie, om net drie voorbeelde te noem. Nou in hemelsnaam, watse regeringsisteem is huidiglik van toepassing en sekerlik is die opposie ook deel hiervan.
Wat gaan by GIPF aan dat geen maar geen telefoon beantwoord word nie? Het alles dan nou heeltemal verval na die oertyd?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie