SMS'e vir 29 September 2017
“Namibië se regstelsel vrot. . .”
Mnr. Cornelius Weyulu, jul as die HPCNA is die hoof oorsaak van die ramp en dat dit gaan soos dit gaan. Gee voorkeur aan die Unam-studente en hou op om mense na China en Rusland te stuur. Dit is die probleem. Die vraag moet eerder wees waarom julle nie die mense wat hier wil kom leer, goedkeur nie?
Die staat moet vir Mouton weer aankla en saam met hom die beamptes wat die dossiere laat verdwyn het. Ons moet verantwoordelik gehou word vir ons dade!
Morné Mouton-saak. (Na bewering) drie mans dood gestamp en was nog onder die invloed van alkohol, dronkbestuur saak uitgegooi, dossier nie gevind vir verhoordoeleindes. Die Namibië se regstelsel vrot, ondersoekbeampte vrot, polisieman was aan diens tydens die voorval en is dood. Die families van die oorledenes moet optree in hierdie saak, asseblief. Iets moet gedoen word.
Wat ek nie kan verstaan: ’n Dossier raak net weg van iemand wat (na bewering) deur sy dronkenskap mense doodry en hy kom vry, maar een ding is so seker soos wat die son vandag opgekom het, dat die langste pad ook sy einde kry en dat God ’n werklikheid is. ’n Kind moet sonder ’n ouer groot raak, dis onaanvaarbaar.
Binnekort het Namibië skynbaar te veel dokters en tandartse. Mnr. Cornelius Weyulu is egter bekommerd dat kwantiteit kwaliteit gaan oorskadu. Maak dit regtig saak? Laas jaar was ek in Zimbabwe. Daar is ’n drywer ’n "pilot", ’n dokta' ’n dokter, ’n opvoeder en ’n smeeraufrau. In Afrika gaan jy na die een wat jou reg en gesond kry, ongeag hoe en met wat. SAP&H
Wil tog graag weet, hoe word die wenners van die MTC se motorkompetisie getrek. Kan MTC verduidelik. Hoe is dit moontlik dat net ’n groep elke jaar wen. Ek is ook ’n kliënt van MTC, al baie klompie jare, en het tot dusver al baie SMS’e gestuur.
Aranos verkeersbeamptes! Asseblief, laat die wet vir almal toegepas word en nie net vir sommige mense nie. Sekere mense kan kom en roekeloos en dronk bestuur en word niks gemaak nie. Gaan kyk in die woonbuurte hoe die paaie vermors word van dronkbestuurders. So asseblief, julle manne staan op en doen jul werk of is dit dalk jul pelle dat julle niks doen. Daar is voetgangers en kinders wat ook die pad gebruik. Asseblief, kom ons werk saam.
Joos Platt, wat dink jy van die polisie wat nou TV-lisensiegeld gaan invorder? Jou eerlike opinie, asseblief.
Andries Mouton van NBC Afrikaanse diens faam seg daar is niks wat ’n Vrydagmiddag so beduiwel as die skokkende besef dat dit Dinsdag is nie. Anries, Anries!
Ek geniet nou glad nie meer die koerant nie. Die bylaes maak die koerant dik, maar daar is niks om te lees nie. Ek mis die ou Blou Bollie.
Wat gaan aan dat die waterrekeninge elke maand net meer en meer word?
In Okahandja, Veddersdal is huise wat dwelms en dagga verkoop. Die verkopers lewe van dit, maar ons kinders gaan verlore. Help, help asseblief!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie