SMS'e vir 29 Julie 2020
". . . geen vis nie . . ."
Kom almal sit hul kinders weer in staatskole. Dink hoe heerlik gaan dit wees as al die skole weer met mekaar kan kompeterend wees. Daar sal ook genoeg goeie onderwysers wees, wat weer poste by staatskole sal kry, veral met die ekonomie wat so swak is en ons ook nie weet wat die toekoms inhou nie?
Na die naweek se Swapo-introspeksie weet ons Namibiese nasie nou vir seker dat julle tyd verby is. Laat regverdige en bevoegde mense nou vir ’n slag oorneem. Dit is korrek om te sê die DNS het nie verander nie, want daar is geen nuwe idees nie, net uitgediende sosialistiese retoriek. Ons is moeg vir ondoeltreffendheid. Ons soek ’n Godvresende regering.
As dit waar is dat Nelius Becker afgehaal is van hoëprofiel-ondersoeke dan is Namibië nommer 1 vrot van korrupsie, nommer nommer 2: wie almal word beskerm? Mede-lesers, wat kan gedoen word om die dilemma reg te stel?
Nou dat mense sit, hoop ek daar is nou vis om te vang. As Namibiërs is dit betreurenswaardig om uit te sien na vakansies langs die see. Daar is geen vis nie en die wat vangste kry, sê dankie. So wat sal die regering daaromtrent doen?
Die media hou ons ingelig oor die getal mense wat sterf in motorongelukke. Hoekom word ons nie deur die media ingelig oor die totale getal sterftes nie. Mense sterf tog nie net van motorongelukke en van Covid-19 nie.
Republikein, skuif SMS-kolom na bladsy 2 of 3, sal baie waardeer.
Ek is op soek na prikas en huistelefoon, help asseblief. - 081 350 8489

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie