SMS'e vir 29 Januarie 2019
"...teen gierigheid te veg,"
Plaasboere begin plant bome. Al word dit gevoed met die skottelgoedwater - begin net. Bome gee suurstof af, wat vogtigheid in die lug meebring. Dus sal die vorming van reënwolke ’n moontlikheid kan word.
Ek het amper van my stoel afgeval toe ek die SMS oor die “one ruler girl” van Rehoboth gelees het. Ons weet almal dat daar ’n paar gate in die teerstrate gevul is, ’n paar balps vervang is, dat ons voertue uitmekaar skud, ons nog steeds stof vreet soos slange, dat sy aanstellings maak soos sy wil, krag en water verhoog het in plaas van die miljoene soek wat gesteel is. Ek sê net.
Dis moeilik om in ’n demokratiese stelsel teen gierigheid te veg, want almal vereis die beste en niemand gee om oor regverdigheid en billikheid. Nie eens die regering traak, solank alles net in die wet is. So armes sal moet sterk wees tot daar verandering kom.
Hentiesbaai hoef mos nie eers te wag totdat hier eers (dalk) ’n NaTIS-kantoor opgerig word voordat inwoners hul eie voertuigregistrasienommers kan kry nie. Daar is lankal al ’n munisipaliteit, so laat die soos vroeër dit doen. Dit kan ook nog ’n werksgeleentheid (pos) skep vir ’n adminpersoon. Asseblief mense, wat is die probleem? - Dawie van Zyl
Mense moet versigtig wees om nie vir die “NewsGuard” ding te val nie. Media wat gereeld uitgevang word vir fopnuus word groen gemerk, terwyl alle absoluut alternatiewe bronne rooi gemerk word. 'n Duidelike agenda om korporatiewe media op mense af te dwing en die res stil te maak. Dit is ook glad nie die eerste en enigste poging deur die handjievol oligarge wat korporatiewe medianetwerke besit nie. Donker tye vir ware vryheid.
Klaer oor skoolkurrikulum. Wat bedoel jy met gereelde grondslag? Het jy nie dalk die aap aan die verkeerde ent beet nie?
Dit is reg. Daardie persoon met die grys Audi is ’n regte padvark. Hy en sy vrou ry albei so onverskillig.
"FMD impacts Namibia like a Tsunami". Why not get rid of the Red Line or move it like some people want? Then let’s see what will happen if we can’t export meat products to Europe anymore either.
NaTIS Ondangwa. Ons kan nie drie ure sit om net ’n voertuiglisensie uit te neem nie! Asseblief, ruk jul reg!
Dr. Ndume en span by Windhoek Sentrale Hospitaal, 5de vloer. Baie dankie vir julle vriendelikheid en hulp. God seën julle. - DM Balser
Gee asseblief raad vir krampe in bene saans.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie