SMS'e vir 28 September 2020
SMS'e vir 28 September 2020

SMS'e vir 28 September 2020

Ronelle Rademeyer
. . . oningewikkelde sake vir maande aaneen uitgestel

Navraag aan M-Net Supersport: Hoekom was daar die afgelope naweek tydens die rugbywedstryde tussen die Bulle en die Sharks en Leeus en die Stormers geen Afrikaanse kommentaar besikbaar nie?

Namibiërs gaan stem asb dat ons ontslae raak van die sirkus Government.

Wil net vra dat ons mense asb voorsiening moet tref vir begrafnisse asb. Daar is regtig goedkoop begrafnispolis beskikbaar vir so min as 10 dollar per maand. In Keetmanshoop is die nuutste om na plaaslike radio te gaan vir hulp van gemeenskap. Laat ons tog asb polis uitneem en ons mense met waardigheid begrawe. Naaste familie moet tog kan help.

Mens wonder of die raadslede en werkers van Okahandja munisipaliteit geen skaamte het oor hul blatante verontagsaming van hulle pligte nie. Behalwe die ongelooflike baie en diep slaggate in die paaie (waarvoor daar skynbaar nie geld is om dit te herstel nie), verg dit nie veel anders as 'n wil om te werk en pligsbesef om te sorg dat die res van groter Okahandja skoon en ordentlik lyk nie. Die hoofstraat is toe onder die sand langs Opuiri-sentrum en die kruising by die munisipaliteit, Cenored en die ou FNB bank is in so 'n toestand dat mens nie meer daar kan ry nie, al moet jy ook. Mens voel lus om daar 'n kruis te plant ter nagedagtenis aan die gevrekte raadslede en munisipale werkers.

Die alewige uitstel van hofsake. Hoe is dit moontlik dat simpel, oningewikkelde sake vir maande aaneen uitgestel word? En boonop, hoekom word almal nie net vroeër ingelig nie? Mense neem verlof om die dag daar te spandeer, net om te hoor die saak is weer uitgestel – meestal omdat die staatsaanklaer nie opgedaag het nie. Hoe is sulke dinge moontlik, waarvoor betaal ons hulle dan?

Hi, weet jy, nee, ek het nie ‘n sielkundige nodig nie! Maar weet jy dat daai einste masker jou kan help teen mense wat TB het ook. Maar ‘n mens kan duidelik sien met jou kan ‘n mens nie redeneer nie.

Wil baie ernstig weet hoekom ons kinders by Kriess-hostel so honger kry, word die bestelling nie reggedoen of doen die firma nie reg aflewerings nie? kyk tog na die saak, ons betaal op tyd.

Hoekom word ‘n Checkers-promosie van 16 tot 20/9/2020 op die 23ste geplaas?

Nou sal ek geen name noem nie, maar Narraville Woermann bly bo vir die beste diens onder al die Woermann-takke in die hele land.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer