SMS'e vir 28 Oktober 2020
SMS'e vir 28 Oktober 2020

SMS'e vir 28 Oktober 2020

". . . net een skuiling . . ."
Mandy Rittmann
Agge nee! Almal kla oor die toerismebedryf wat aan flarde is, maar maak jy besprekings besef jy die pryse is heeltemaal buite bereik van die gewone Namibiër.

In die hele Namibië is daar net een skuiling in Windhoek vir vroue teen geslagsgeweld (GBV) en die is ook in private besit. Die regering heg geen waarde daaraan omrede dit geheel teen die manlike ego en grein van tradisionele praktyke en diep gewortelde kultuur indruis. - SAP&H

Swakopmund se vuurtoring alweer buite werking! Hoe is dit moontlik? Gedink dis belangrik vir skepe?

Agree that robot at Statehouse allow too much time for North to South right turn, leading to huge traffic congestion from South in morning peak. CoW please check.

Kan die regulasies om Namibië binne te kom in gister se koerant bladsy 2 nie asseblief in wit en swart gedruk word nie. Die blou agtergrond maak dit moelik om te lees. Baie dankie.

Mr. Desmond Andreas. Thank you for the face lift of the Swapo Office in Keetmanshoop. Job well done.

PDM in Keetmanshoop se verteenwoordiger op plaaslike vlak is ’n absolute grap. Hy het vir vyf jaar gesit en sien hoe korrupsie onverpoosd voortgaan. Was hy deel hiervan? PDM, dink asseblief mooi voor julle dieselfde kandidaat kies.

Nes ek gedink het. Daar is toe diegene wat Henk Mudge se siening oor Covid-19 deel. Dis absoluut skokkend. Hoe gaan ’n mens so toe-oë deur die lewe?

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer