SMS'e vir 28 Mei 2021
SMS'e vir 28 Mei 2021

SMS'e vir 28 Mei 2021

".Wie vang nou vir wie?"
Mandy Rittmann
Ons Windhoekers kan dankbaar wees dat daar nie Dinsdag ’n sterk wind gewaai het toe die petrolwaens aan die brand geslaan het nie. Dit kon ’n ramp gewees het. Alle dank en eers aan die dapper brandbestryders. Julle het knap gedaan.

Sjoe, al die fake news gaan my nog onderkry. Ewe skielik is almal eksperts van die Covid-virus.

Was ons president ingeent. As nie, hoekom nie? Hy en sy raadgewers het mos gesê ons moet ons laat inent!

Windhoek drivers consist of 90% idiots and 10% of people.

Heildronk op jou Julia Vroegop Van Schalkwyk.

Stad Windhoek, vir die veiligheid van ons kinders. Lingua Kollege het na TransNamib, Gammams getrek. Maak tog daar ’n taxi rank asseblief. Dankie.

Ek verstaan nie. Die ou wat by drugs sguad werk, gaan met ’n vrou wat drugs verkoop. Wie vang nou vir wie? Een kant maak die polisie en speurders cashloan, by iemand wat drugs verkoop. Hul is baie close. Og, waar daar geld is, is daar korrupsie. Ja Rehoboth!

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer