SMS'e vir 28 Junie 2018
SMS'e vir 28 Junie 2018

SMS'e vir 28 Junie 2018

". . .slegs omdat hy bekend is. . ."
Mandy Rittmann
Einde September moet die ministerie van onderwys besluit of hul vier kwartale volgende jaar terugbring. Laat hul ’n “votting poll” begin en ouers ook vra. Ek stem vir vier kwartale!

Chiradza-hofsaak: So! Nou het die belangrikste bewysstuk, die band wat gebars het, verdwyn? Ongelooflik! Verdwyn om ontslae te raak van bewys, of polisie was alweer nalatig met ondersoek en bewysstukke, wat al meerdere hofsake laat faal het. Ook was daar mos ander roekelose bestuur, alkoholsake of klagtes uitstaande teen Chiradza?

Questionable electronic voting machines to be used for next elections, but Theo Mujoro explain why Swapo did not want to use those machines at their last conference? Because they are not reliable? Because it can be traced who voted for who? People want answers!

Ek wil graag die bloubolliekoerant bedank vir al die SMS’e, nuus, ens. Julle is tops! Ek koop en lees elke dag koerante, Sun, Namibian, ensovoorts. Ek is ’n Owambo, bly in Wamboland. Republikein-koerant, ek sien altyd mense bedank Mario, slangman vir jare by SMS-kolomme. Gaan kyk self, hy het mense baie gehelp! Shirombos, Wambos, Damaras, Basters almal, maar hy kry nie eens ’n dankie of sertifikaat of medalje. Ek sê vandag, dankie Mario. Jy is ook ’n groot hero vir ons “Land of the brave” Namibië. "I want to meet you." - Tate Hofeni

Antwoord op die leser met die vraag oor strafbare manslag vir party en moord vir Dippenaar. Gaan kyk hoeveel noodlottige ongelukke die afgelope jaar. Gaan kyk dan hoeveel mense is aangekla. Geen bohaai oor enige ander ongeluk, behalwe Dippenaar. Dit behoort duidelik te wees dit is slegs omdat hy bekend is, en nie of hy skuldig of onskuldig is nie.

Met onafhanklikheid het die Swapo-regering ’n wel gebalanseerde regering in ontvangs gekry. Elke staatsdepartement het sy eie program gehad, wat geskoei was op dienslewering. Administrasie van werke was daar vir die instandhouding van regeringsinfrastruktuur. Weg is die messelaars, skrynwerkers, verwers. Daarom die verval van staatshospitale en regeringsgeboue. Die Swapo-regering het als in koue hande ontvang, koue behandeling van andersdenkendes, koue harte, yskoue regering met ’n koue toekoms. Finansies, nasionale gesondheidsverval en wanadministrasie. - Verkyker

76 000 werkspermitte is in Namibië uitgereik ten koste van ons werkloses. Waar is die minister van arbeid? Doen jou werk en vergeet van die Chinese. Hulle neem ons kos uit ons monde!

Bravo aan Dirk van Zyl met sy skoonma-brief. Ek het ’n wonderlike skoonma en is 46 jaar met haar engeldogter getroud. - Kiewiet

Ek wil net weet: die drywer wat op Tses is by die klinik, as daar ’n pasiënt op ’n plaas gaan haal word, wil hy eers weet wat makeer die pasiënt en wat is die diagnose voor hy kan besluit of hy die pasiënt gaan haal, of nie. Hy is mos net ’n drywer. Hy moet net ry, of is sy "supervisor" te swak? - Bekommerde gemeenskap

Programme op die TV is mos nie kruideniersware nie. Smeerware koop mens oor en oor. Mens betaal mos vir dit wat jy graag wil bekom. Waarom moet ons aanhoudend vir programme betaal wat ons oor en oor moet kyk. Ek begryp dat ons lisensie moet betaal, maar dis die inhoud wat die probleem is. Ons verskil en hou nie van dieselfde goed nie. Vir my is kanaal 5 op NBC TV regtig ’n riller. - Dirk van Zyl

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer