SMS'e vir 28 Junie 2017
SMS'e vir 28 Junie 2017

SMS'e vir 28 Junie 2017

“. . .die spyker so op sy kop.”
Mandy Rittmann
Staatsvoertuig rol in Windhoek. Skelm staatsamptenaar hardloop weg van die toneel. Hoop polisie vang hom vinnig en sit hom agter trallies. Vra vir Republikein dat hulle hierdie saak kort-kort sal opvolg. So word ons belastinggeld gemors. Amptenaar moet self betaal vir die regmaak van hierdie voertuig. Skande, man.

Oral en altyd het BBP’s (veral politici) nog staatsbegrafnisse ontvang. Andimba Toivo ya Toiva was so ’n belangrike persoon en vir baie Namibiërs oor alle grense heen ’n ikoon. So gun hom dit ook ter wille van nasionale eenheid. Maar nee vir die betaling van reis- en verblyfkostes van vrywillige begrafnisgangers en vir die delging van N$600 000.

New wildlife law is great. Congratulations! As other writer mentions also make better human life laws. Carnage in the roads is terrible, eg. Drunken driver in Walvis Bay getting 20 000 fine for killing 2 people should be locked up for 20 years and cancell driver’s licence! I keep asking. Where are the cops on the streets besides when they are shopping?

Dit sal onreverdig wees om slegs ondersoek teen mnr. Wambo van die streeksraad in te stel. Kiesafdeling-raadslid mnr. Jeremias Van Neel moet ook blootgestel word. Hantering van fondse is ’n groot vraagteken? Byvoorbeeld visprojekfondse, 600 000 van karakoel, 200 000 vir jeugontwikkeling. Wat het geword van die lorrie met die sement?

“Week voor payday”. Ai, Karin, slaan jy vandag die spyker so op sy kop. Ek het darem nou lekker gelag. Maar ek wonder tog of so ’n leefwyse regtig onder ’n middelklashuis val. Hierdie “needs” is immers “basic needs” waartoe 60% van inwoners van Namibië nie toegang het nie.

Ek is ’n inwoner van Gibeon en ons sal praat oor dinge wat nie reg loop nie. Ons trotse president is gekant teen korrupsie! Gibeon, ons jeug is werkloos. Alles gaan na Kries. Maak julle oë oop. Ons het regte om te praat oor wat nie reg is nie!

Ek het twee seuns grootgemaak. Van laerskool af het ek hul geleer om hul eie sokkies en onderbroekies te was. Kombuis skoonmaak het om die beurt geskied. Hulle het hulle eie beddens opgemaak. Vandag is hulle groot en getroud en help hul vrouens met kos kook en wasgoed was. So ronde handjies is uit of jy nou dogters of seuns het.

Kry die mammie baie jammer wat sê haar kind mag nie klaskamer vee nie? Siestog! Ons moet altyd onthou ons maak nooit ons kinders vir onsself groot nie. Hulle steek eendag hul voete onder ander mense se tafel in. Waar gaan jy wees as jou kind gevra word wat het jou ma jou geleer? Moenie jou kind in die verleentheid stel nie. Leer en werk het nog niemand doodgemaak nie.

Daardie tyd van die “Boere” het die mense ons nie geken nie en as ons werk gesoek het, het hulle altyd gesê laat die persoon kom met hoër klas, maar nou in Namibië, moet jy graad 6, 7, 8, 9 en 10 hê. Namibië soek nie graad 12 of verdere goed nie. Veral myne, net solank jou pa, ma, broer of suster daar is. Moenie skool gaan nie. Dis tyd mors.

Jammer, ou maat! Ons het ’n sê oor daardie 3 miljoen, want ons onderhou hierdie land deur belasting te betaal. Wie se geld is dit, sê my?

Stampriet dorpsraad moet asseblief vir die werklose jeug verduidelik wie die twee mense betaal wat die begraafplaas skoon maak. Dankie.

Dalk kan die ontwikkelaars van Finkenstein Manor gaan kers opsteek by Omeya om te sien hoe ’n luukse ontwikkeling se omheining moet lyk. Wat nou opgesit word, lyk afgeskeep en te veel na díe van ’n weermagkamp. Of is dit die goedkoop opsie teenoor ordentlike traliewerk?

The amount of car accidents resulting in death and injuries has far exceeded those from the liberation struggle. When is the Government, relevant authorities and the Chief of Traffic control going to eventually do something about this? Too many innocent Namibians dying needlessly because the higher powers feel it is not political. So why should action be taken?

Willem Christiaans, as hulle jou eendag begrawe hoef jou familie nie ’n sent te spandeer nie. Daarom sal N$3 miljoen jou nie pla nie. Is seker jy slaap elke aand rustig?

“Sê Maar Net” is die beste en laat my lekker lag. Jul is uniek, voorwaar. Dankie my koerant, waardeer jul harde werk!

Maybe the carnage on the roads is Providence's way to curtail an expanding population?

The labour inspectors at Rehoboth please investigate the unfair labour practices. Guards earn only N$5 up to N$7 and not N$8.75 as required by the law. From the corncern guards at Rehoboth.

Is ons skool en “hostel” nou ‘n perdekamp ook?

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer