SMS'e vir 28 April 2020
SMS'e vir 28 April 2020

SMS'e vir 28 April 2020

"...gebruik Augustusmaand..."
Mandy Rittmann
Ek voel ook soos die leser. Kom ons begin met ons skole en gebruik Augustusmaand ononderbroke en gaan skool tot in Desember. Hoekom moet ons nou Augustus begin en Junie volgende jaar klaar maak? Wat dan van 2021 se laaste 6 maande? Dit gaan net ’n deurmekaar besigheid wees.

Ek bly steeds bekommerd dat ons nie op hoogte gehou word nie. Hoe lank is die toetsbeamptes al besig met die toetse van Covid-19? Is daar al uitslae? Dis ons reg om te weet wat aangaan. Hoekom is dit so ’n geheime besigheid. Dis nie regverdig nie.

Kan u asseblief vir ons getalle gee, byvoorbeeld ons was 16 waarvan 4 gesond geword het, wat het verder gebeur; ons soek getalle. Hoekom kry ons nie getalle nie. Waar toets julle in Windhoek, want dan moet ons maar soontoe gaan. Ek weet nie wat in ons land aangegaan nie. Al waaroor gepraat word is die grants. Praat oor die virus.

Kindermolestering en materiële vergoeding daarvoor. Al die betrokkenes, ouers, oortreders en die wat kennis dra en dit nie rapporteer nie, moet na regte vervolg word, want al die sulkes is aandadig.

Die regering moet regtig oorweeg om BIG in te stel, sodat ons maar almal ’n grant kan kry en by die huis lê en nie hoef te werk nie. Uit die aard van die saak is Namibiërs nie lief vir werk nie en dit sluit die regering van die dag in. As voorbeeld kan ek noem, Suid-Afrika se lockdown eindig Vrydag, maar Namibië wil eers langnaweek hou, want ons lockdown eindig eers op 4 Mei. So asof ons nie genoeg lang naweek gehou het nie!

Soms wonder ek hoekom ons ’n onafhanklike land is. Snaaks ons regering wag eers dat Suid-Afrika ’n besluit neem en dan besluit ons ook soos Suid-Afrika, so asof ons nie kan dink nie. Suid-Afrika het 5 fases om die ekonomie te heropen. Hulle beweeg nou van fase 5 na 4. Wat het ons? Seker weer niks, want ons kan mos net holiday hou.

Geagte resident Geingob. Ons wil net uitvind, indien die RSA se skole heropen, en die grense nog toe bly tussen Namibië en die RSA, hoe gaan ons maak met van ons leerlinge wat skool gaan in die RSA, asook van ons studente wat in die RSA studeer? Kan u ons asseblief help?

Dis vandag Vryheidsdag in Suid-Afrika. Wat ’n anti-klimaks. Die virus het jou vryheid en my vryheid van beweging weggeneem. Ons hou boek van elke Covid-geval en elke Covid-sterfte, maar ek hoop ons hou ook boek van elkeen wat honger lei en dood gaan as gevolg van hongerte.

Groot waardering aan Richter en sy spannetjie, wat mense help in die hoktyd. Seëninge, Riaan.

Ons Rehoboth huishulpe word nie betaal nie. Waar kan ons hulp kry?

Minister van arbeid, pns is twee dae voor die lockdown gevra om toe te maak. Ons moet verlof invul vir die lockdown tydperk, plus die twee dae. Is dit reg. Gee asseblief duidelikheid oor verlof.

Is Covid-19 only for the North? What about LDZ? MoF we being rejected as tax payers, speed up your homework we got no food!

Police officers. NAVY officers are beating civilians in LDZ. We need an urgent media release based on the regulations in place for Covid-19. The law enforement officers should not use the Government Gazette as their scape goat! Lawyers/ADV’s please help us Namibians!

Na coronavirus. Die Here God het aan die profeet, Sadhu Sundar Selvaraj, bekend gemaak: ’n Plaag erger as Covid-19 sal die mensdom tref. Ons moet die afsondering gebruik om die aangesig van die Almagtige God te soek. Sien die video: Whats next after coronavirus - Profeet Selvaraj. - C Pontac

Eto, Aranos-distrik. Het julle ook deputy regional councilor gekies gehad, want Lukas Veldskoen wat ’n onderwyser is, het baie sê by daardie kantoor en is Joplin Gontes ook ’n raadslid van Aranos-kiesafdeling. Mense, maak julle se oë oop en dis nie Swapo campaign nie, dis corona, mense.

Kommentaar

Republikein 2025-08-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer