SMS'e vir 27 Oktober 2020
SMS'e vir 27 Oktober 2020

SMS'e vir 27 Oktober 2020

". . . kwaad vir die boer . . ."
Mandy Rittmann
Ek stem saam met mnr. Henk Mudge en Trump wat die virus aanbetref. Elkeen se siening rondom die virus is sy demokratiese reg. Wie sê u siening is reg? Ons almal het tog ’n gesonde verstand gekry om te sien waarmee die wêreld besig is.

Willem de Wet se bydrae in Republikein van Vrydag 23 Oktober weerspieël my sentiment ten opsigte van die sogenaamde Covid-pandemie. Dankie Willem

Nico Smit van PDM praat die waarheid. Opposisiepartye moet besin oor koalisieooreenkomste en Swapo moet besef dat inwoners van gebiede waar opposisiepartye regeer nog steeds Namibiërs is. Ons almal verwag dat LPM in die Suide sal regeer, maar terselfdertyd is daar tog ’n behoefte dat PDM se rol in die proses erken en bevestig moet word, veral in die belang van die inwoners van die Suide. Dit mag so gebeur dat Swapo ’n kiesafdeling in die Suide wen, maar dit is nie in die belang van die inwoners van die Suide nie, aangesien niemand in die Suide verwag van Swapo om hul belang te bevorder en beskerm. LPM en PDM, dit is julle verantwoordelikheid!

After 30 years of voting, I am also done with the choices, voices and needs of the nation being ignored. – Reggie

Namibië verdien ’n president soos Mandela, wat die bevolking verenig en nie verdeel nie.

Ek weet nie hoekom moet party mense altyd vir ander dink nie. Die man op straat is kwaad vir die boer wat te veel vir sy produk wil hê, min wetende dat boerdery die enigste beroep is waar jy ’n prysnemer is en nie ’n prysbepaler is nie, en wie ly daaronder: die boer en die eindverbruiker. Die insetkoste of produksiekoste vir die boer styg net, maar die prys wat hy vir sy vleis of ander produkte kry, bly vir die laaste 20 jaar al dieselfde. So wie bloei dood: die produsent en verbruiker wat al hoe minder koop. Maak tog die produkte wat boere nodig het om te produseer bekostigbaar, dan kan die boer oorleef. Die middelman kan sy verkoopsprys afbring en walla - die eindverbruiker koop meer. Wat het van prysbeheer geword en julle praat van die staat wat korrup is?

Mede-Namibiërs, wees paraat. Daar is nuwe skelmstreke en ek was so amper ’n slagoffer. Maak seker wanneer jy stop in ’n parkeerarea dat jy by jou kardeur staan wanneer jy met jou afstandbeheer sluit en stap om en maak seker dat al jou deure toe is. ’n Wit Polo met getinte vensters het langs my gestop en toe ek uitklim en weglopend my kar sluit, het die Polo se passasier klaar uit die Polo geduik en gou my drywersdeur oopgemaak voor ek die kar kon sluit. Gelukkig het ek ’n slim kar wat my gewaarsku het dat een van my deure oop is. Maak seker geen waardevolle items lê binne jou kar rond nie. Dit het binne 2 sekondes gebeur.

Swapo party give its office in Keetmanshoop a facelift with late Rev. Witbooi's art work on it to lure the Nama votes. Sorry fellas, but we remain proudly LPM. – Axaro

Ander tye en in nood bid en smeek ons die Here tog vir hulp, nou met smart in ons leeftyd dan nie? Nou sê die Here dat Hy sal help as ons opreg vra, maar in en op Sy tyd wat nou of oor duisend jaar kan wees, want by Hom is dit dieselfde. Duisend jaar is soos een dag en een dag soos duisend jaar. Ek smeek en bid g'n meer en ploeter maar net voort onder die ondermaanse. - Jan Brand

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer