SMS'e vir 27 Mei 2020
SMS'e vir 27 Mei 2020

SMS'e vir 27 Mei 2020

". . . die verkeerde saak."
Mandy Rittmann
Naweeksterftes: Elf mense dood en talle beseer, en dit kamma met nugter bestuurders. Wat wys dit? Te veel bestuurders kan nie bestuur nie. Koop hulle dan hul lisensies? NaTIS, word wakker! Spiedkops word wakker!



Ons Covid-syfer staan op 21 siek, waarvan 14 herstel het. Geen sterftes. Absurde regulasies. Maar, so pas langnaweek gehad met 11 padsterftes! GRN, jul aandag is op die verkeerde saak.



Vervoer van drank: Ek het al ver­skeie male met die polisie gebots by padblokkades omdat hulle weier om hulself te identifiseer en ook nie naamplaatjies dra nie. Ek weet nie deesdae nie, maar toe ek in die polisie was, was dit 'n kriminele oortreding as 'n polisiebeampte weier om homself te identifiseer. Wanneer gee die owerhede hieraan aandag, of is hulle ook bang om hulself te identifiseer?



Ek kan net nie verstaan hoe die GRN met werkgewers kommunikeer of ooreenkom nie. Ons kan regtigwaar nie meer nie, veral in die toerismesektor. Hier in die Suide kry ons nou maar swaar. Ons loop nie die 2de maand op 50% nie. Die prosedure wat gevolg moes word vir SSC was nie gedoen nie. Ons was na die stoepe van die labour, maar die Vader weet, niks word gemaak nie. Die storietjies wat nou lekker loop, dat die boere die labour-agente agteraf betaal, word nou ook waar en duidelik. Ons kan ook nie meer huur bekostig nie. Binnekort kom dra die meubelwinkel ons meubels uit. Wat moet ons nou maak? Gee asseblief raad, GRN.



Ja nee, ek stem! Pryse skiet die hoogte in. Ek het nou die dag in 'n apteek vir een gesigmasker N$180 betaal. Dis regtig een skande en ek is 'n pensioenaris.



My liewe mede-Namibiërs. Ons senior burgers in die ouetehuis, wat selfversorgend is, kry baie swaar. Kospryse is baie hoog. Ons kinders kan nie meer help nie. As u daar buite dalk in u kaste ietsie het om te deel, sal dit hoogs waardeer word. Kontak Helen, 081 302 8742, asseblief. Baie dankie.



Baie, baie dankie Hardap Regional Council, spesifiek Rehoboth Rural Constituency, Schlip CDC Office vir julle omgee, bereidwilligheid en harde werk om omliggende gebiede in die tyd van lockdown van krag te voorsien. Julle het regtig moeite gedoen en kan nie aldag almal tevrede stel nie. Die manne is tops. Baie dankie Hon. RC McNab, personeel en Hardap-streekraad. Tevrede kliënt, Duineveld.



Aranos-polisie, terwyl julle die tuisbrouery van die arm mense uitgooi en boetes gee, steel die mense die boere op die plase se diere. Dink julle nie die boere se skade van die diere is groter as die tombo en witbier wat julle so uitgooi nie en van julle polisie leen geld by die mense waar julle so die tuisbrouery uitgooi. Sies, shame. Mense sonder gevoelens en jammerte!

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer