SMS'e vir 27 Junie 2016
Géén borgtog of genade vir renosterstropers óf moordenaars nie!
Die Windhoekse munisipaliteit moet nou optree teen watervermorsers. (Hulle moes al lánkal!) Die gebrek aan optrede is uiters onverantwoordelik en onregverdig teenoor ons wat elke moontlike druppel water spaar (ons hou net ’n gedeelte van ons tuin aan die lewe, was nie ons motors nie, vang alle moontlike spoelwater op vir ons tuin, stort in ’n kommetjie met biodegradeerbare seep, ens., ens.). Die munisipaliteit moes mos al lankal besef het dat blote versoeke vir waterbesparing by meeste mense op dowe ore val. En dit ondermyn bespaarders se motivering en toewyding. Doen asb. nou iets!
TUN, kan julle asseblief ook na die sekretaresses en die admin officers se salarisse ondersoek doen? Ons werk vir ’n appel en ’n ei en baie van ons is lede van die unie. Groot asseblief, veg ook vir ons.
Ons vra doodstraf moet terugkom. Vergeet daarvan. Wetmakers sal nooit erken dat dit ’n fout was om dit af te skaf nie, net soos baie ander dinge wat afgeskaf is en wat vandag bydra tot ordeloosheid. Kyk maar na skole om maar een te noem.
Another govt fiasco: Social security buys a plot in CBD for N$47 million, spends another N$40 million on clearing plot and then discovering – surprise surprise – that there is no proper access to the plot? Now they can’t sell it (did not read the fine print) without having erected buildings on the plot? Incompetence screams to high heaven. Heads should roll!
Daar is baie padvarke op ons paaie. Soos hulle wat nie hul ligte wil domp nie. Ook is daar hulle wat jaag asof die duiwel self agter hulle aan is. Wel, miskien is dit so. – B.T.
Na aanleiding van evangelis van Wyk se skrywe. Ek sê amen daarop. Was jare ook ’n hoofstromer, maar dank God dat Hy die skille van my oë laat val het.
Op Omaruru is dit weer tyd vir tenders vir munisipale dorpskampe, maar dit sloer, want sekere hooggeplaastes het mos kampe onder fiktiewe name en plaaslike kleinboere sukkel terwyl local fat cats lekker lewe, die huurtermyn al lank reeds verstreke, maar hoor niks van munisipaliteit nie. Navrae bly onbeantwoord. By wie kan ons die ongerymdhede rapporteer of navrae rig?
Pionierspark-begraafplaas: Jy vat ’n besempie en vee die graffie mooi af. Of vat jou eie bottel water saam as dit nie anders kan nie. As daar water is, sal iemand net weer die kraan oop los of onnodig mors.
Gesondheidsinspekteurs moet kyk na die private sektor se werkers wat met hulle werksklere buite rondlê en sit en ook eet.
This country is really going down the drain: Bail granted to “well connected repeat offenders”, rhino horn smugglers, murderers, attacks on farmers/tourists/citizens, NSFAF no records of student loans, thousands of kids dropping out of school, squandering of taxpayers’ money in luxuries. The list is endless! This has to stop!
Hou op om alle probleme voor die presidentspaar se deur neer te sit! Daar is belangrike kwessies wat hulle moet afhandel. Dankie Hage en Mo vir wat julle al bereik het in vergelyking met ander in so ’n kort tydperk.
Min Shifeta, why don’t you mention the brutal killing of Namibians? Who is supposed to protect us? Why has our Government not yet reacted on all these attacks and murders?
Biskop Kameeta: Hoekom betaal min van armoede oumenspensioene aan buitelanders met permanente verblyf/pienk ID’s terwyl hulle pensioene uit die buiteland kry? Wat het hulle tot ons staatskas bygedra?
Jammer getroue lidmaat en kerkganger dat ons wat ons kerkgangers noem, nie eens vir 4 ure van die week op ’n Sondag rustig in die kerk kan wees nie. Let wel, die week het 168 ure. Ek bid net die sirkus bring mense nader aan God, as ons dan so moet verwys na ’n kerkprogram. Ja, ek wens ek kan heel Sondag in die sirkus wees. Sekerlik beter as die wêreld daar buite.
Hoekom kan ons nie beter polisiewerkers op Maltahöhe kry nie? Asseblief tog, ons het groot probleme hier, laat ander polisieman kom asb.
Die gemeentes betaal hulle dood aan die 40% net om gebruik te word teen die pastore en gemeentes. Gemeentes, die prokureurs word daarmee betaal. Wanneer sal ELKRN tog haar oë oopmaak en die vreeslike ongeregtigheid raaksien. Die kerk van Christus brand, maar Nero blaas op sy trompet. Die uurglas is besig om stadig uit te loop. Vreeslik is dit om in die hande van ’n lewende God te val.
Die persoon wat die kantore soek om ’n boedel te registreer, hulle is nou by Frans Indongo Gardens in die stad op die 12de vloer. Gaan maar net self in, dis beter as om te bel.
Elkeen wat te na gekom word deur iemand wie op parool/borgtog uit is, het die reg om GRN te dagvaar.
Dankie Renette by finance, mediese afdeling vir u diens. Dit was goeie diens en ek het onmiddellik my mediese kaartjie ook ontvang.
Is daar ’n toekoms vir komediante in ons land? Of moet ons die talent begrawe? Kontak asb. 081 696 0111.
Schalk Louw van PSG Wealth sê wanneer kospryse styg, koop Namibiërs net effens minder kos. En wanneer alkoholpryse styg, koop hulle net baie minder kos. Schalkie my maat, jy verwag tog nie ons moet op 'n leë maag eet nie? – 20:02
Min. van finansies. Waarom moet ouderdomspensioentrekkers steeds belastingvorms invul om hul N$1 100 p/m te verwerk? Dit plaas druk op ons kinders, want hulle kan nie self nie. Asb!
Ons paspoortsisteem in die hoofstraat loop pragtig en glad. Sekuriteitsman by die ingang ken sy storie en gee die regte advies. Jy word ’n nommer toegeken en so wag jy jou beurt af. Binne 10 - 15 min kom jy aan die beurt en word vriendelik ontvang. Twee weke later SMS jy en jou paspoorte is klaar. Maar . . . die ID-sisteem in die noordelike industriële gebied is ’n gemors! Mense is onbeskof, onbevoeg en druk in. Jy sit 3 ure en wag en niemand kan jou vrae beantwoord. Hoekom kan ID-dokumente nie onder dieselfde sisteem hanteer word en in dieselfde gebou as paspoorte gedoen word nie? Jy kan wel iemand N$400 betaal en sy help jou eintlik net om in te druk voor al die mense wat reeds 3 ure wag. Dis tog nie reg nie?
Op 24 Junie is die trein van Keetmanshoop na Windhoek meer as 2 ure laat. Dis absoluut pateties, TransNamib!
Hoekom val mense nou mekaar aan oor bekeer en doop? Ons kom almal uit die ou leerstellings, daar was nooit fout nie. Nou’s die wêreld vol verskillende kerke, nou’s daar klomp probleme. Ek sal maar net die Here dien soos ek Hom al die jare dien.
MTC, dit is nou al twee maande dat ons snags nie oor netwerk vanaf die Gamsberg-toring beskik nie. Jul flou verskoning dat die apparaat wat snags krag aan die sisteem verskaf buite orde is, is onaanvaarbaar. Dit is ook juis die tyd wanneer ons kliënte, vernaam van Amerika, diens nodig het. Aanbeveling: Voeg tog dan ’n ou paar paneeltjies en batterye by die solar sisteem wat bedags krag voorsien.
Aan die persoon wat kla oor sirkus in kerk. Hoekom sit jy dit in koerant? Jy moes dit met die betrokke bestuur opneem. Dit is goddelikheid! Wonder wie is nou die sirkus?
Dankie Vader dat ek my kind se skoolfonds by ’n private skool kan betaal al gaan dit broekskeur. Here help my dat ek my belofte teenoor dié skool kan nakom en dankie vir die voorreg. Want daar is orde. Ek kry kinders by sommige staatsskole baie jammer as ek na die klagtes luister en oor dit lees.
Ek’s ’n baie geseënde mens, want waar ek bly, is geen NBC-ontvangs nie. Nie radio of TV nie, dus hoef ek nie na die spul leuens en eensydige berigte te luister wat hul uitsaai nie. – Kitty Hawk
Baie dankie aan al die Okahandja-taxi’s wat mense vervoer tussen OKH en WHK. Ek is nog altyd met groot respek behandel en my en my kinders se veiligheid is ’n seëning uit die Here se hand waarvoor ek ook baie dankbaar is aan julle. Baie dankie. – De Koe van Okahandja
Vrouens moet asb. elke maand self ’n borsondersoek doen en so gou as moontlik enige veranderinge aanmeld by die dokter. As groeisels vroeg opgespoor, verwyder en behandel word, is jou kanse om volkome te herstel soveel keer beter.
Ek het daai bus ook gesien. GRN 5104. Hy is ’n regte padvark. Wens ek kan so ’n bestuurder laat afdank. Maar alles val net op dowe ore, want hulle is almal onder een goed. Hage Geingob het ook maar leë woorde. Daar is geen veranderinge nie.
Johan Badenhorst van TV Voetspore-faam het gesê. “Om in Afrika na donker te bestuur, is om jou dood te soek.” Nader aan die waarheid kon hy nie kom nie. Ek wil egter reg sê. Om in Afrika te bestuur, is om jou dood te soek. “Al loop die leun hoe snel, die waarheid is al wat tel.” - J.P le Roux.
Wonder maar net hoekom die Ebenhaezer-gemeentelede gepla word? Ons, die onaanvaarde lidmate het jul Evangeliese Lutherse kerk verlaat en onafhanklike Lutherse kerk Exodus Lutheran Congregation gestig omdat ons Lutherane is. Elke dag het julle beter storie in die koerant. Ons word met godsdiens bedien op hoër graad, ons het vrede gemaak. Hoekom keer en agtervolg julle ons lidmate? Los ons uit! Ons hou kerk waar ons veilig en vry voel. Ons is vrede met ons past. Thaniseb. Julle het gekry wat julle wou hê en ons wat ons wou hê. Gee net ons eiendom af en haal die polisie uit kerksake asb.
Graag wil ek my ongelukkigheid uitspreek teenoor die transport kantoor van die llKharas onderwyskantoor in Keetmanshoop oor die tipe drywers waaraan kinders sowel as onderwysers blootgestel word. Ons was verlede jaar en ook vroeg in hierdie jaar ’n drywer gegee na Upington in Suid-Afrika wat geen menseverhouding gehad het nie. Hy was om dit reguit te stel onbeskof met sy passasiers. By die grens was die kindertjies heel verskrik oor die optrede van die ongeskikte, ongeduldige persoon wat ’n drywer genoem was. Hy het vanjaar weer die skoolhoofde getraumatiseer met sy bombastiese houding. Beskerm ons asb. teen sulke buffels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie