SMS'e vir 27 Januarie 2021
SMS'e vir 27 Januarie 2021

SMS'e vir 27 Januarie 2021

". . . ons harte verbly . . ."
Mandy Rittmann
Natuurlik steun die regering ReconAfrica. Hulle het voldoen aan die vereistes. Daar is natuurlik begroot vir die vereistes. Ons is net nog ’n Afrika-land.

Dankie Here vir u groot genade. Dankie dat U ons harte verbly het met die wonderlike reën.

Ek is 85 jaar oud en woon in die vloedgebied (onderdorp) op Mariental. Ons vra asseblief dat die voorstel van mnr. Willem de Wet ondersteun moet word. Hy is bereid om die Aubrivier skoon te maak. My woonstel is ontruim, ek het net ’n enkelbed en een stoel. Sedert die laaste vloed is daar nog geen pogings aangewend om die Mariental-inwoners te help nie, en ook geen assuransie vir vloedskade. Help asseblief!

Met al die nuus wat ’n mens deesdae lees en hoor, wonder ek hoeveel nuwe Vaccine Fishing Consulting Companies daar nou al weer gestig is, en wie die direkteure is.

Niemand sê jy moet na die rugby luister op ’n Saterdag nie. Daar is wel derduisende mense in Namibië wat dit wil luister, so luister maar na wat in jou smaak is en los ander mense uit.

Baie dankie vir die bestuur en personeel van Olympia Apteek, dit is die beste in Windhoek. Jy sal nooit spyt wees as jy hulle gebruik nie. Van ’n gelukkige pensioenaris.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer