SMS'e vir 26 Junie 2020
". . . te veel om te doen . . ."
Neee! Ek stuur my kind van graad 3 nie op 6 Julie weer skool toe nie! Kyk onder in die Oos-Kaap het die skole op 2 Julie heropen en nou het hulle alweer gesluit omdat 180 kinders daar met corona positief getoets is. As jy dink hier in Namibië het hulle die virus beter onder beheer as in Suid-Afrika, dan sit jy op ’n verkeerde perd. Moenie alles glo wat hulle vertel nie. Ek bekyk vanaf 6 Julie hoe werk dit daar by die skole, en as die skole weer gesluit moet word, vryf ek my hande en weet my besluit was reg om my kind by die huis te hou en hier huisonderrig te laat leer.
Ek sou my kind op 6 Julie weghou van die skool in informele nedersettings. Net daar is die gevaar baie groot om met die coronavirus besmet te raak. Onderwysers het te veel om te doen om na kinders te kyk vir hande was, afstand hou en maskers dra op pad huis toe. Kinders onder mekaar gesels en speel op pad huis toe en verontagsaam die reëls vinnig.
Nee, nou het iemand weer nie gedink nie. Waarom moet jy by elke winkel wat jy besoek ’n ellelange lys van besonderhede gee, terwyl mense in die ry moet wag? Waarom nie net jou naam en selfoonnommer en kontakadres as jy nie ’n selfoon het nie? As jy nie jou ID-nommer by ’n sekere winkel gee nie, weier hulle jou toegang.
Ek wil net weet, die versekering is haastig om hulle priemies af te trek van jou rekening, maar jy moet lank wag voor hulle ’n eis wat jy ingedien het uitbetaal. Pateties!
By ’n plek wat toemaak, is twee mense werkloos, maar by ’n ander winkel wat nog oop is, word ’n ander mens aangestel. Hoekom kry die mense wat al lank daar werk nie die pos nie?
Maerua Mall, julle moet asseblief julle sekuriteitswagte inlig dat hulle sekuriteitswerk moet doen en ophou verbygangers pla oor maskers, terwyl een wag se vriendin net daarna met hom staan en gesels met haar masker onder haar neus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie