SMS'e vir 26 Januarie 2021
SMS'e vir 26 Januarie 2021

SMS'e vir 26 Januarie 2021

". . . dood van honger . . ."
Mandy Rittmann
Die persoon wat sê sy wil nooit weer vir Trump op haar TV-skerm sien nie: Trump skuld jou zero. Werk aan jou galbitterheid en kom terug aarde toe. Wie sal nie wil hê ’n persoon van jou wat in die gevangenis is, moet deur die president gepardon word nie? Viva Trump vir die 145 wat jy gepardon het!

Ek daag die regering uit om na 7 dae vir Namibië te vertel hoeveel mense is toegesluit en hoeveel boetes is gegee vir die belaglike reëls om kwansuis Covid-19 te keer. Ek weier om ’n masker te dra en ek weier om te sanitize, want dit sal nie help nie. Ek beywer myself wel aktief met die taak om Geingob wettig te verwyder uit die amp wat hy nou beklee. Hy is op die oomblik maar net ’n staatsamptenaar wat nie sy werk doen nie. - Felix Bamberger oftewel Boerseun

Inflasie +-4% se voet! Net ’n paar voorbeelde soos kraakchips, botter, suiker, skottelgoedwasseep en kookolie is onderskeidelik 18 tot 40% op vanaf begin 2020.

Corona-tyd met werkloosheid in die verre Suide. Pensioenaris werk terwyl die staat na hulle kyk en die jongmense dood van honger in die Ariamsvlei-distrik.

Have your say Namibians. Fishrot, GIPF, China in government, SSC, Mines, Land, Air Namibia, TransNamib, NBC now Namdia. Still hunger for more. – Baster

Hartklop van die NBC. Waarom moet ons elke Saterdag na Suid-Afrikaanse rugby luister. Is ons nog steeds ’n 5de provinsie van SA?

My mense, laat ons asseblief vir hierdie ding opstaan, sodat dit aangespreek word. Die mense wat doodgaan, gaan deur corona dood, maar indien iemand deur iemand anders doodgemaak word, is hy/sy deur corona dood, dan moet die mense op vrye voete rond loop. So werk dit dan nie my mense. En al die mense se krag en water was oopgemaak, nou is die mense wat koopkrag het nog met hul krag en die lopende krag se mense is toegemaak. Nou wil ons weet hoekom dit so. As iemand weet, laat weet my asseblief, dankie.

Vanaf 2020 het ek nog net koppe gestamp met prokureurs, ingenieurs en dokters. Ek is nou besig om moeg te raak vir die big 5. Prokureurs vat sake aan, wat nie in hulle rigting is nie. Buit jou finansiël uit en laat jou in die steek op die nippertjie. Dokters ook. Nou gaan Namibië my regte kant sien. Ek is nie meer bang nie.

Neeee o Vader, Republikein, waar het julle die pad byster geraak. Julle kan net sowel Sowetan op jul voorblad sit. Toe ek Suidwes (sic.) 40 jaar gelede moes verlaat weens werk was jul koerant vir menige Suid-afrikaanse koerante ’n voorbeeld, maar wat ’n teleurstelling. Behalwe vir een of twee Afrikaanse artikels is julle net so gekleur en gegeur soos die patetiese res. Ek glo nie eers my patriotisme sal maak dat ek weer die Blou Bollie lees nie. Gaan terug na die tekenbord en argiewe.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer