SMS'e vir 26 Februarie 2021
SMS'e vir 26 Februarie 2021

SMS'e vir 26 Februarie 2021

"As jy niks is. . ."
Mandy Rittmann
N$5,7 miljard Neckartaldam @ net 5% koste van kapitaal kos die Namibiese nasie N$781 000 per dag, sonder om gebruik te word. Volgende Air Namibia?

Aaaaaaaaiiiii. Het ons nie al genoeg bedrog in ons land as gevolg van die breindood idiote nie, nou doen julle dieselfde. Dalk moet julle ’n ander landjie vir julle kry, want ons het julle tipe nie hier nodig nie.

My mening. Leierskap gaan daaroor om die kudde bymekaar te hou en om harmonie te bewerkstellig, nie om mens of klub te wil wys nie. NRU will nou links en regs skors in plaas van die probleem oplos. Is daar dalk ’n agenda of moet ek vra wat is die agenda?

Airline crew of the late Air Namibia, stop whining. Many other people lost their jobs, not only you. Realize us taxpayers cannot afford to support you anymore. Find another job like the rest of us are forced to do.

Alhoewel ek baie simpatie het met die bemanning van Air Namibia, moet ’n mens wonder hoekom hulle nou eers hulle stem dik maak. Waar was hulle die afgelope dekade, toe dit duidelik geword het dat die lugdiens besig was om te faal?

Meneer of mevrou wat sê moet mens eers koerant toe gaan voor jy gehelp word, sit die pot mis. Ek sukkel al ’n jaar om ’n straatlig in Lateganstraat, Outjo te her stel. As jy niks is, is jy niks. Sê maar net. - Duiwel van Outjo

Ons verstaan volgende maand word al die water toegemaak wat oopgemaak was gedurende coronavirus. Ek verstaan die regering het belowe hulle sal help betaal.

Dankie dat die hof tog ingegryp het en nie toegelaat het vir ’n verhoging in premies by die fonds nie. Hulle het in elk geval hul premies aan die einde van 2019 verhoog en hulle jaarlikse totaal soos hospitaalvoordele so verminder dat jy liewer sorg om maar gesond te bly. Ook die feit dat hulle planne elke jaar verander, dan moet ons weer nuwe kaarte kry wat mos geld kos. Nee wat, dis nie ’n fonds vir pensioenarisse nie. Jy moet jou beurse diep omkeer om by te hou. Hulle kan gerus ook die voordeel van bevallings afskaf by 60+ en iets anders vir bejaardes byvoeg soos skanderings ensovoorts. – Bejaarde

Ek vra tog, of soebat eerder GIPF vir ’n verhoging, asseblief tog! Ons kom nie uit met die huidige bedrag nie!

Kommentaar

Republikein 2025-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer