SMS'e vir 26 April 2019
SMS'e vir 26 April 2019

SMS'e vir 26 April 2019

". . . dan dink ek twee keer . . ."
Mandy Rittmann
Die NG Kerk onthou twee voormalige dominees wat pas oorlede is: Ds’s PC van Rooyen en Sarel Visser. Twee grotes het in een week gegroet. Meelewing met die families. - Clem Marais

Hoekom wil die daggarokers hê dat dagga moet wettig gemaak word in Namibië? Hulle vernietig reeds ons huise en kinders. Nee Namibië, nee vir dagga en dwelms!

Die persoon wat wil hê mense moet ophou om voedsel te koop wat deur boere produseer word, moet dadelik ophou eet. Niks val uit die lug op winkelrakke nie.

Now Schlettwein wants to tax timber export? What a joke! Minister of Finance, the export of timber is illegal. And you want to tax criminal deeds? Charge and prosecute the criminals, lock them up, don’t collude with them which will make the Namibian government criminals themselves and will not bring our trees back. What a sad, sick joke of a government. This country has come to a stage where the Chinese get away with all of their criminal activities. My God, our beloved country is in a landslide down, down, down rock bottom!

Vir die bekommerde rugby-ondersteuner. Net die volgende vraag. Dis dan doodstil ook oor ons Welwitschias wat teen onder 20-spannetjies verloor het met ’n internasionale, hoogsbetaalde afrigter en sy ten volle professionele bestuurspan. Wonder waaroor gaan dit. Is dit weer persoonlik? Kyk die man se rekord en ondersteun eerder as om af te breek.

Ek was Paasnaweek in Windhoek. Dit is net erg om in die woonbuurte soos Dorado Park, Gammamsbrug en ander te ry en die stink reuke van dreine wat oorloop te beleef. Plekke wat nooit so gestink het nie. En dan praat ek nie eens van aan die agterkant van Khomasdal nie. Goreangabdam se stink reuk staan heel nag in jou huis, dat jy nie kan slaap. Stad Windhoek, doen julle werk en herstel die goed. Dis geen wonder mense het Hepatitus E nie. Dit tas mense se gesondheid aan! Ga sies.

Wil saamstem met die leser wat sê hoe swak is die paaie in Etosha. NWR, maak asseblief moeite met die paaie. Wil graag toeriste daarheen vat, maar as dit so lyk dan dink ek twee keer.

Die skrywer van die SMS wat 'n boek oor die opsporingseenheid wil skryf. Het jy vergeet wat Joos Platt ons geleer het? Jou kis moet swaar wees van al die geheime wat jy saamvat. Jy kry geen info by my nie. X-opsporing. Lojaal aan my gewese bevelvoerder.

Kan jy glo! Alle lede van Bokoharam op Groot-Aub is na ’n maand buite, na hulle 12 bokke en 2 honde vrekgemaak het. Die rede: dossier is weg. Oplossing: vervang die sisteem. - Voice of Aub

Ek wil tog net vir Wessie Strauss van PG Windscreens Windhoek bedank vir flinke en goei diens. Hulle gaan regtig uit hulle pad uit om hulle kliënte te vrede te stel. Sal hulle enige tyd aanbeveel en toe kry ek nog boonop ’n easter egg ook. Baie dankie weereens. Kliënt van die Corolla.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer