SMS'e vir 25 September 2019
SMS'e vir 25 September 2019

SMS'e vir 25 September 2019

". . . in een week . . ."
Mandy Rittmann
Beste meneer Masule. Jy seg Air Nam gaan nog vir die afsienbare toekoms voortgaan met diense en suggereer jul skuld wissel maar soos dit by enige besigheid gaan? Hoe lank is die "afsienbare" toekoms? As jul meer as 'n miljard dollar nodig het om in die lug te bly, is dit beslis nie sommer normaal in 'n klein landjie soos hierdie nie. Ek dink julle probeer maar net vure doodslaan. Ek is nie oortuig nie - en hoop nie my belastinggeld gaan aan 'n hernude reddingsboei vir julle of die NBC spandeer word nie.

Stad Windhoek: Julle paaie-afdeling is breindood! Hoe kan julle meeste van die toegangsroetes vanuit die weste na die stad in een week sluit vir padwerke? Wie doen sulke swak koördineerwerk? Die storie van soek alternatiewe roetes raak nou afgesaag. Nee man, julle kan verbeter!

Beste inwoners van Brakwater. Geen mens kan betaal vir dienste wat hulle nie ontvang nie. Wat is julle planne? Ek betaal baie meer aan CoW, maar van die algemene dienste aan inwoners is ook maar beroerd. Dalk moet ek maar 'n "maplotter" word? En wat van die ander rykmansbuurte buite Windhoek? Moet hulle ook opdok of nog nie?

Aranos is ’n klein dorp, maar hy het meer as 18 kerke. Is dit nie te veel nie?

Baie dankie aan die polisie-offisier te Gochas, Hardapstreek. Jy doen die beste werk ooit en is ook een van die bestes. Jy is puik, Sgt. Nchindo keep up.

Sjoe, eina! Die mense is omgekrap en beledig mense links en regs. Hoeveel vrouens gooi pasgebore babas weg? Hou op met jou sleg sê. Vat jy vrouens aan wat babas weggooi, dan vat ons mans aan wat vroue seermaak. Ek het baie groot respek vir vroue en behandel hulle met respek, maar die manier waarop mans sleg gemaak en gesê word, is absurd. - Herman Minnie

Vandag se hoofopskrif in Republikein (23 September) was baie onsensitief. Dit is mense waaroor berig word, nie diere nie. Diere word keelaf gesny en diere vrek. Mense word vermoor deurdat hul kele met ’n skerp voorwerp gesny is en hul sterf.

Miskien moet TBN en One Africa ’n slag NBC betaal vir dienste en ophou gratis uitsaai. Dalk kan NBC so hul inkomste aanvul.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer