SMS'e vir 25 Julie 2016
NSFAF se swak bestuur. Ek is ’n trotse Namibiër, maar om te sê kom ons vergeet van die swak bestuur van die fonds in die verlede en kom ons begin voor, is om ten hemele te skreeu. Die mense wat die lêers vernietig het, moet opgespoor word en toegesluit word. So gaan ons land voor ons oë ten gronde. Skande!
NEEEF in perspektief. Julle vra nog nie die regte vrae nie. Besef julle dat as jul huis of plaas in ’n BK (cc) is julle 25% daarvan ook moet afstaan. So maak maar ’n kamer reg vir die nuwe inwoner.
Die begin van NEEEF gaan só interessant wees om te sien. Gaan al die ministers en die staatshoof 25% van hul vet balansstate en besittings gee, of is hul WEER vrygestel soos van al die ander staatskas-verantwoordelikhede. Lei asb. met voorbeeld en nie met praatjies nie.
Oorvol, vuil, vervalle tronke. Dis ’n skande! Maar as die doodstraf in plek was, was sulke situasies onnodig. EN nou moet belastingbetalers opdok vir so ’n gemors. Amper so lyk GRN-woonstelle rondom Baines, Pionierspark ook.
Die probleem met ons wette is dat die wetgewers niks voel vir sekere mense nie, wat nog vir weerlose diere? Daarom die patetiese belaglike vonnisse vir dieremishandeling. O hoe wonderlik sou dit gewees het as die barbare aan my uitgelewer kon word. Hulle geskreeu sou tot in Swakopmund gehoor word.
NEEEF. Wil graag weet hoe gaan dit die arme honger ou op straat baat as iemand met genoeg geld 25% van my besigheid koop? Gaan my verstand te bowe. En nog ekstra vir opleiding as ons al klaar 1% aan die NTA betaal daarvoor? Hou op om ons belastinggeld te steel en te mors, dan sal daar ook genoeg wees om almal te help.
Die SA wet op vleis invoere: Dit sal my nie verbaas as hooggeplaastes van ons en SA saamgesit en die plan uitgewerk het om Namibiese boere op hulle knieë te dwing nie. Viva korrupsie, armoede en hongersnood.
Gochas tender board: Waar kan ons hulp kry? Streekkantoor, kom help ons asb. Die kragtender was net korrupsie. Hoe kwalifiseer jy vir die tender as jy nie ’n rooi seël het nie?
Ek hoop onse neef NEEEF besef 25% van die skuld moet ook oorgedra word.
Na aanleiding van “Republikein gee ons die storie waarom die bobbejaan mishandel is” die volgende: Dit mag wees dat dit ’n probleemdier is/was. Dit mag ook wees dat die bobbejaan verwoesting saai/gesaai het. Maar hoekom dan die bobbejaan martel? Ek dink niemand sal ’n probleem hê indien so ’n dier op ’n beskaafde en menslike manier doodgeskiet word nie. Maar hoekom martel?
Wanneer word karate in Keetmans aangebied? Ons kinders het dit ook nodig.
Vergeet eers van NEEEF en maak die geld reg van SWATF- en Koevoet-lede. Prioritiseer regverdig asseblief.
Wie gaan NEEEF monitor? Die regering? Wie gaan besluit wie kwalifiseer om by NEEEF baat te vind?
NEEEF. Die nuutste in Namibië is om alles met wette af te dwing. Is dit boelie-taktiek? Kyk maar na al die belastingwette, ens. Nie meer plesier om ’n burger van die land te wees nie. Te veel neerdrukkende wette kan boemerang.
Hoekom bly vlugtelinge nie in hul eie land en betoog daar totdat hulle gekry het waarna hulle soek nie? Nee, hulle vra asiel in ’n ander land en betoog dan daar om te probeer kry waarna hulle soek.
Kan iemand antwoord hoekom is dit so stil? Jy doen aansoek, Aprilmaand het dit gesluit, jy word niks laat weet nie. Asb. Rehoboth Council, ons wag antwoord op ons aansoek om gehelp te word vir klein besigheid!
Eers stry die regering af dat Noord-Korea enigiets met ammunisiefabriek te doen het en nou is die leuen ’n nasionale bate? Wys jou hoe politici lieg en hoe stupid hulle dink ons mense is. Baie tragies!
Soektog na stropers van gemsbokke in Naukluftpark – polisie het hulle omring, maar tog het hulle te voet weggekom? Hoekom het polisie hulle nie met karre gejaag en gevang nie? Iets klink nie reg nie. Sover ek weet, ry karre vinniger as mense kan draf?
Ek is ’n groot diereliefhebber, maar dink hulle sal Hope ’n groter guns gedoen het om haar aan die slaap te sit, want sy sal nooit weer in die vryheid kan regkom nie.
Ons innige dank gaan aan Dove Funeral Services Windhoek. Dankie vir die goeie, hoë standaard dienste wat julle aan die gemeenskap lewer. Die Rooi-familie is baie dankbaar vir jul uitstekende dienste en veral die bystand wat julle ons gebied het tydens die heengaan van ons geliefde moeder.
Jy meneer, wat jouself ’n “mens” noem en van twee van my geliefde katte ontslae geraak het, het oneindige hartseer vir ons veroorsaak, maar weet verseker God sien alles raak en sal met jou afreken.
Ek het per ongeluk verkeerd getik: Die geel mieliemeel was genoem: Grease Mice en nie Geasse Mice! Jammer. – JS
Kan iemand my sê watter bome word in Karasburg afgekap? Operasie Omake. Daar is reeds nie bome nie nou kap hulle die een, tweetjies wat staan af. Wat sê die omgewingsbewuste mense? Maak dit sin? – Emmy
Mnr. Utoni Nujoma, ons wag tog lank vir resettlement plase. Ons wil aftree en op die plekke gaan sit. Waarom lê ons vorms so lank by die PS-kantore? Moet ons nog 100 jaar wag vir oordra van name van afgestorwenes. Kom doen iets.
NaTIS se hoof/toesighouers: Ons met 50 jaar en ouer sukkel om te onthou. Help ons asseblief met punte wat ons kry 78 en 79. Die kinders mors ons karre. Dis baie geld om ook daar te kom asseblief tog.
Die speelpark in Gouwsstraat in Pionierpark agter Baines Inkoopsentrum het ’n “veilige hawe”, blyplek en slaapplek vir misdadigers geraak. Wees gewaarsku, dit raak uiters gevaarlik. – C Horn
Kan Min of Works die tenderongerymdhede by education in Mariental ondersoek? Sekere kontrakteurs word gebel vir herstel van hostels. ACC, loer dan daar.
Ek soek dringend ’n instansie waar ek deeltyds kan leer sweis.
Dankie ouma Alida Janse van Vuuren vir u omgee en liefde. Ons waardeer u. Liefde groete. – Walter en Anita

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie