SMS'e vir 25 Augustus 2021
SMS'e vir 25 Augustus 2021

SMS'e vir 25 Augustus 2021

"...hande in die hare..."
Mandy Rittmann
Ek wil graag weet hoekom het die groot vragmotors nooit al die jare in Usakos-stasie ingejaag nie, daar moet ’n rede wees hoekom dit nou begin gebeur?

ACC, ondersoek die ding van ons eerste minister en haar man. Toe, wys ons nasie wat in julle steek. (Berig in Namibian Sun van 24 Augustus 2021.)

Ja nê! N$180 miljoen vir die eerste minister vir ’n huis. Met haar houding (onaantasbaar) van dag een af is dit geen wonder. Nou wonder ek, wat dink sy van ons? Hoe laag kan ’n mens ryk raak?

Wat vir ’n ding is ’n O Smartphona van MTC? Ook watse taal is dit, dalk Egiptiese hirogliewe?

Die regering sit hande in die hare oor voorstedelike aanwas. Wonder wanneer gaan onbeplande aanwas deur die regering aangespreek word, wat veel meer vrugte sal afwerp?! – Sakimaki

Hoe eet en slaap ’n pa wat geheel en al nie na ’n kind omsien van geboorte tot en met 15 jaar? Kind ken nie die pa nie, pa ken nie die kind nie, dan word jy as ma sleg gestempel.

Kommentaar

Republikein 2025-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer