SMS'e vir 24 Oktober 2016
SMS'e vir 24 Oktober 2016

SMS'e vir 24 Oktober 2016

“Onthou, elkeen het ’n keuse. . .”
Gerine Hoff
Gee die Wika man met bakkie ’n goue medalje! Ons wetsgehoorsame padverbruikers word tot die uiterste beproef deur padvarke!

Na aanleiding van die foto oor die afwesigheid van ministers in die nasionale vergadering net die twee vrae: 1. Waarvoor ’n nuwe parlement? 2. Is dit die voorbeeld wat ons leiers uitdra? Agbare president, u sal drasties moet optree of Namibië lyk ook soos Suid-Afrika in die parlement.

Ek is bly die onnies hul verhoging gaan kry. Al wat nou moet gebeur is hulle moet hul werk doen asb. en nie verwag jy as werkende ouer moet jou graad 1 kind leer lees nie want vir wat word hulle betaal??

Ons almal ken daai gevoel as ’n taxi voor jou in druk en maak soos hulle wil op ons paaie. Nickel, ek support jou 100 persent.

Laat ons toi-toi. Ek het 2008 04 04 begin werk, tot vandag is ek net daar. Geen verlof, is nie geregistreer nie, werk al is hulle weg, brood word gekop vir jou met Lucky Star pilchards vis en ek maak alles. Die mense boer met perde en honde. Ek was alles - tot die hond se water moet ek gee. Kind het groot geword en wil vandag op my kop staan en die ma vergeet van daai dae wat ek haar kinders omgesien het en staan die kind se kant. Ja, dis sy kind. Maar ek bid tot die vader want elke hond het sy dag. Kom ons toi-toi. Hulle laat werk vir ons vir niks in die lewe.

Marco Peters en Paul Scheepers, wat van ’n NaMovemberPride vir kanker? Dan toets ons die produk. En wat van ’n Facebook-blad vir die cause en ’n # Challenge? Tussen hakkies - ek kry net donsies en sal ’n volbaard like...

Ek is nie net ’n inwoner van Groot-Aub nie, maar ’n gebore Groot-Auber met trots! Diegene wat nou skielik weet van al die jongmeisies wat hulself verkoop aan groot manne, ek stem 200% saam met leser van 20 Oktober. U moes na iemand gegaan het hetsy dit die kind se ouer(s) of die polisie. Nou is Groot-Aub skielik in armoede gedompel? Onthou, elkeen het ’n keuse wat op Groot-Aub gebeur - gebeur oral, full stop! Oral word gedrink, oral het meisies blessers. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek praat nie hierdie dinge goed nie. Ek sê maar net moenie vir Groot-Aub kom sien as ’n afspringplek nie. Sorry u is op ’n verkeerde trein...

Ek verstaan nie hoekom die publiek nog steeds stry oor NEEEF nie. Dit is ’n blatante menseregte oortreding en geen argument of verskoning sal ooit menseregte oortredings kan regverdig nie.

Ek het geweet daar moes ’n logiese rede gewees het waarom padwoede oorneem. Daar is sekere mense wat in Whk bestuur net soos hul wil. Hul velkleur dat jou klagte by die polisie niks help nie. Ek het dit al meer as eenkeer oorgekom.

Nampost postariewe het verhoog 1 Oktober maar hulle het nie aan die publiek iets op skrif soos tarieflyste nie.

NaTIS het versuim om lisensie hernuwingsnotas aan ons te stuur. Die gevolg was dat ons weer eens groen vorms moes invul vir ’n voormiddag in ’n ellelange ry moes staan en boonop groot boetes moes betaal vir enkele dae na verval datum. Ag nee wat, plaas ons karre se inligting op jul stelsels en stuur ons kennisgewings. Dis julle werk!

Inwoners van Hoachanas het ’n probleem met almal en alles. Die werk poste was geadverteer. Staan op en soek werk, moenie net sit en vingers wys nie. Daar is van ons wat die dienste hoogwardeur wat die Hoachanas kliniek aanbied. Hou op twee gevreet wees. Sê dankie aan mense wat hul kinders los in ander lande en plekke om vir jul te help.

Dis ’n skande dat Tseiblaagte en Krönlein geen OTM het nie. Die grootste gedeelte van Keetmanshoop se bevolking woon hier maar moet na die sentrale sake sentrum gaan en sodoende nog geld uitgee om kontant te onttrek.

Ek kan nie glo dat City of Windhoek my so kan charge nie. Ek het koopkrag gehad toe gaan ek 3 maande terug na gewone krag en betaal N$927 vir die oordra van box . Dan kry ek Augustus ’n rekening van N$510 alleen vir basic consumption vir elektrisiteit en weer dieselfde bedrag September en ’n skatting van N$665 vir elektrisiteit want die rekening is nuut en ’n N$950 vir journal deposito wat ek 20 jaar gelede nie ’n deposito betaal het toe die huis op my naam oorgedra is wat ek nou vir die 1ste keer hoor. Hulle sit vir my 60 amps in, ek wil dit toe verminder na 35 amps maar moet eers N$678 betaal kontant voor dit gedoen word. Ek is so geskok, ek het nie woorde nie.

Mev. Geldenhuys(?) hoe verwag u dat gimnastiek deur die land moet versprei as u niemand na die skole stuur om die kinders te leer nie?

RTC skors ander bestuurders, maar die grootste sondaar wat eintlik geskors moet word, sit gerus met vier raadslede in sy sak. Lekkerte is net ’n vinger lank.

Kan ACC nie maar ontbind word nie? Hulle “target” klein bedrae wat gesteel word soos bv. in Oshikuku, maar by RTC word miljoene gesteel en daaraan word niks gedoen nie. – Great uncle, RHB

Ek is ’n pensioenaris en soek iemand wat vir my “zips” kan insit wat nie so duur vra nie. Bel my by 081 320 5492. Dankie.

Sal die persoon wat “spice for life” tablette en poeier verkoop asb. sy nommer in die SMS-kolom plaas.

Mooi skoon Nam: Het minister Esau of enige van ons agbare leiers, politici en of munisipaliteite al die vieslike bemorste omgewing ernstig opgeneem? Die Namibiërs aangespreek en iets gedoen oor hulle vieslike gedrag om plastiek bottels blikke en ander gemors oral te gooi en te laat le? Kyk hoe lyk dit langs ons paaie en in ons dorpe se woongebiede. Is ons leiers so vasgevang in politieke aspirasies, stemme werf en selfverryking? So veel so dat selfs hulle nie meer omgee nie! Komaan kry ons land weer skoon asseblief!

Die skoolhoof van Amperbo en die kaptein is besig om tweespalt in Amperbo te bevorder en ons kinders te benadeel met hulle instellings. Ons vra die goewerneur van Hardap om ons te besoek laat korrupsie moet stop. Die skoolraad wat met gekonkel saamgestel is, is onbevoeg om hierdie dinge raak te sien, want hulle word meegesleep. Help ons asb. “Hon Governor”.

Bia de Klerk van Bank Windhoek, baie dankie vir jou vriendelikheid. Hou so aan my kind. God seën jou.

Kan iemand help met “drug rehab” sentrum nrs?

Hartlike dankie aan Yvonne January, staplyste vir seniors. U het ’n awesome taak verrig. Dankie vir u opoffering alle jare vir ons mense. Mag die Vader u seën met gesonde jare.

Grootfontein: Die mense drink op straat. As die bottel leeg is, word dit sommer net daar neer gegooi. Grootfontein was regtig ’n mooi dorp. Ai, dit lyk sleg. Doen ons ’n guns dat iemand net Grootfontein kom besoek dat hulle self kan sien. Asb. GRF munisipaliteit, kom uit die kantore en kyk self. Ek vra net dat ons dorp weer kan na iets lyk. Die dorp gaan agter uit.

Kommentaar

Republikein 2025-08-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer