SMS'e vir 24 Junie 2020
". . . vet salarisse en toelae . . ."
Die president vra Namibiërs vir solidariteit. Almal moet verminderde salarisse ontvang, sodat die besighede nie moet toemaak nie. Waar is u solidariteit, mnr. die president? Geen een van ons ministers of die president self het aangebied om ’n verminderde salaris te aanvaar, sodat ons land nie so swaar moet trek nie. Die ministers kry vet salarisse en toelae, maar nee, net die privaatsektor moet alewig snoei!
Ons is trots op ons land se president. Hy kyk na sy mense. President van almal.
Ek wil graag weet hoekom kry ons as ouers nie afslag by die universiteite nie? Ons is almal onder finansiële druk met halwe salarisse, ons moet losies betaal vir ons kinders, kos koop en vervoer betaal. Kan iemand dalk terugvoering gee? - Bekommerde ouer
Verstaan glad nie hoekom mense nou skielik so te kere gaan oor munisipale en staatsamptenare se hemelhoë, buitensporige salarisse en ander voorregte nie? Dit is dan stokoue algemene gebruik al vir jare? Skrik en wakkerskrik het uiteindelik geseëvier! - SAS&H
Minister van landbou, u moet asseblief na ons smekinge luister. Ons is die mense wat 5 tot 6 maande gelede aansoek gedoen het vir die hervestigingsplase en wil hoor wanneer word die plase geallokeer aan die begunstigdes?
Sien vanoggend net na 07:00 ’n persoon wat op die witstreep draf in die omgewing van die nasionale rugbystadion, terwyl voertuie van albei rigtings verby hom skuur. Dit was ook nog effens donker daardie tyd en daar is veral baie voertuie uit die suidelike rigting op daardie roete. Hy besef seker dat dit baie gevaarlik is.
Die nuwe beplande verkeersligte op Hendrik Witbooi en Mandume. Kan die persone wat die padoppervlak gekap het, om pype en kabels te lê, tog asseblief die slote gelyk tot bo met die oppervlak vul? Ons sedanvoertuie stamp as gevolg van die slote.
Liewe KykNet. Kan julle nie maar vir ons kanaal 149 vir twee maande gee nie? Wil so graag Kwarantyn kyk, maar ons het nie die kanaal nie. Groot asseblief!
Vandag 02:30 kom ’n klomp seuns van wie weet waar, die jongste 8 jaar en die ander tienerjariges, verby my by die laerhof op pad winkel toe.
As muise ’n probleem is, of probleme gee in jou huis. Ek soek raad wat om te gebruik om hulle uit te roei asseblief. Het pille en poeier, gif help niks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie