SMS'e vir 24 Augustus 2020
SMS'e vir 24 Augustus 2020

SMS'e vir 24 Augustus 2020

". . . daal tot 0%."
Mandy Rittmann
Aandklokreël? Ek dink ons moet begin aandring dat die polisie begin polisiewerk doen in plaas van om hierdie lagwekkende Covid-reëls toe te pas. Die belastingbetalers moet hul regte begin opeis en net eenvoudig hierdie reëls ignoreer.

Staat se salarisse veilig. Dit is die ergste wat ek nog gehoor het. Die regering en sy amptenare het in 30 jaar nog niks vermag nie en dan sê ’n vakbondleier meer word nou van die regering verwag en dit sal ’n fout wees om hul besoldiging te sny. Absoluut belaglik! Van hulle kan ons land en sy mense niks verwag nie.

Rentekoerse gaan nog daal tot 0%. As dit gebeur, gaan ouer mense gedwing word om hul kapitaal te onttrek om te oorleef. Daardie ou pensioengeldjie wat jy uitgekry het, is in Johannes se visier. As jy nie meer jou erfbelasting kan betaal nie, sal jy maar in ’n plakkerskamp moet gaan bly!

Hoeveel kere nog moet seniorburgers en ander weereens gewaarsku en ingelig word om hulle self te bewapen en die minimum vaardighede aan te leer. Die omstandighede deesdae vereis dit! Simpatie en emptie raak op, as nie geluister word nie. – Franswa

Wil net weet wat het geword van pensioenarisse se verhoging. Staatsamptenare lag lekker. Word julle nie skaam nie, dink net aan julself.

Goed om te verneem dat die ondersoek teen die vorige hoof van die dwelmeenheid in Windhoek toe nie weggeraak het nie. Baie verblywend dat geregtigheid uiteindelik gaan plaasvind.

Mooi so! Vir my is dit ’n plesier om nog ’n dierestorie en dierefoto op die voorblad te sien. Veral as dit so ’n sielverkwikkende berig soos die van Tito is. Daar is mos genoeg artikels oor mense, gewoonlik slegte nuus, dus is dit ’n aangename verandering om iets vroliks oor ’n hond of ’n jagluiperd te lees. Veral op die voorblad. Baie dankie! - P.B. Pieterse

The current government could not in 30 years supply proper housing for the nation. People live as families in shacks and under poor hygienic conditions, therefore the government is directly at fault and responsible for the spreading of the Corona virus.

I just want to find out if the newspaper are interested in a story about waste water that are running in our neighborhood for years and CoW is not doing anything after numerous complaints?

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer