SMS'e vir 23 September 2020
SMS'e vir 23 September 2020

SMS'e vir 23 September 2020

"...aan hou met die aandklokreël..."
Mandy Rittmann
Kan die regering nie maar aanhou met die aandklokreël nie. In ’n mate bekamp dit tog misdaad. Vanaf 23:00 tot vyfuur die oggend.

Plaas asseblief die inperking wat gelig was, terug. Mense vee hulle af aan maskers, sosiale afstande, groepe, alkoholmisbruik, taxi-oorlading, ens. Die moedswillige verontagsaming van dit plaas ons gehoorsame burgers in lewensgevaar! – Kongori

Minister van Gesondheid. Ek het ’n oplossing vir die mense sonder maskers! Laat die polisie in gewone klere en met gewone karre ry en indien hulle mense sien sonder ’n masker, laat hulle ’n boete kry van N$100 000,00, dit sal ons mense wat ons land wil red hopenlik help. Glo my, as ’n paar moet betaal sal hulle agterkom dis ’n ernstige saak.

Om elke keer ’n Covid-toets te laat doen, is regtig ’n duur storie. Daar is ouers wat kort-kort RSA toe moet reis, want hul kinders is daar in die skool, nou moet jy elke keer N$850 betaal vir ’n toets?

Groot asseblief Swakop-munisipaliteit, doen iets voor ons tuintjie in Marigold/Dahlia straat, Oceanview verdwyn onder hondebolle van mense wat hul honde vir dié doel soontoe vat.

Windhoekers, julle is regtig vriendelik. Orals in die winkels en restaurante word ’n mens regtig baie vriendelik en gasvry verwelkom.

The soccer saga should be handled by the Minister of Sport as the NSC is in disarray for the last three years. The CA manipulates clubs and federations to gain power and control. He makes autocratic decisions. Did the CA reimburse the N$500 000 salary increase as was instructed by the AG?

Hentiesbaai aan die Namibiëse Skedelkus bied die beste kaalvoet in die sand, sielslavenisterapie vir die einde van die Covid-boeie. Jy hoef nie vis te vang, jy hoef nie te suip en jy hoef nie te party, maar jy mag. Kom net, die see lê bloumond, wittand en wink. – Rapsodi

Septembermaand se salarisse van die Namibiese leerkragte is op Vrydag, 18 September 2020 inbetaal. Een juffrou het na ’n gesprek op haar selfoon die volgende kwytgeraak, “oproepe van sommige vriende en familielede gaan net of oor ’n noodgeval of meestal oor ’n hulpgeval op maandeinde”. lAwebahe Johannes llHoeseb

Dit is nou een ding van die Windhoekers. Hulle dra hul maskers. Hulle kyk mooi na hulself.

Vrydag, 18 September werk ’n span van ons kragverskaffer 50 meter van die probleem reeds baie keer aangemeld. Praat met die persone op site. Belowe hulle sal aandag gee. Klim slegs in hul voertuig en ry weg. Baie swak en ’n skande. Sê maar net. Duiwel van Outjo.

Ek wil net vir Joos Platt dankie sê vir dit wat jy gedoen het met die begrafnis van ’n oud-kollega, oud-polisiemanLeon Bock. Na byna 30 jaar nadat ons tak ontbind is, het jy steeds as destydse bevelvoerder as ’n oud-lid begrawe. Ek wil jou ook bedank, dat jy alle oud-lede se begrafnisse bywoon. Die met negatiewe opmerkings kan nie die positiewe raak sien as gevolg van profesionele jaloesie. X-Kollega

Nampost voertuig met registrasie N 165-048 W. Jy mag asseblief by die stopstrate stop. Jy het Maandagmiddag amper ’n ongeluk in Otjiwarongo veroorsaak.

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer