SMS'e vir 23 Junie 2021
SMS'e vir 23 Junie 2021

SMS'e vir 23 Junie 2021

"... daarna die lekker goed ..."
Mandy Rittmann
Nagmerrierit met lyk wys darem uit dat nie almal so is nie. Elizabeth by die staatslykhuis byvoorbeeld. Dit vat ’n krisis soos Covid-19 om belangrike amptenare se werkskuheid en onvermoë te ontbloot. Okahandja en Windhoek s staatshospitale lankal reeds corruption-19-slagoffers.

Hier begin julle alweer met huishuur en die vraatsugtige eienaars. Wat van die banklening wat die huiseienaar moet terugbetaal? Jy praat nie van skaapvleis wat nou al N$175/kg in ’n slaghuis kos nie of N$100/kg van die boer af nie. En ons praat mos glad nie van drankpryse nie, want ons moet suip pappie. Is jou eerste prioriteit teenoor jou kinders nie eerstens ’n dak oor jul kop, kos klere en daarna die lekker goed nie?

Ek is ’n bekommerde familielid oor my familielede in die Windhoek Sentrale Gevangenis. Die tronk is nie ernstig om die Covid te stop. My mense daarby die tronk het my ingelig hulle bly tot 27 in ’n sel op mekaar. Die kos is nie gesond wat hulle kry. Pap oggend, pap en sop middag en brood vir die aand. Geen groente en vrugte. Die selle is nie ontsmet nie. Kry nie toiletries of sanitizer van die tronk nie. Maximum en medium seksie kan net toiletries, koffie, tee en 1kg suiker koop vir die maand. Mediese hulp kry hulle swaar. Familie kan ook nie goed bring nie, die tronkhoofde belieg die mense in media. Media moet self die units kom kyk.

Covid, Hepatitis en wat nog. Die Namibiese regering gee nie om oor hul landsburgers nie, net gatsak, geld, karre en nuwe geboue.

Kan Republikein ons asseblief inlig wat is die regte statutêre prosedures wat gevolg moet word wanneer iemand tuis aan huis sterf.

Op Karasburg is een van die skole toe weens Covid. Ander skole is nog oop. Skynbaar is daar by een skool reeds 4 onderwysers wat positief is, terwyl 7 nie by skool is wat wag op uitslae van toetse. Skynbaar het ’n inspekteur gesê die personeel moet dit stilhou want dis erger by ander skole. Iemand het ook gesê solank die onderwysers maskers dra, sal hulle niks oorkom nie. Loutere snert! Nantu, julle weet mos dat ’n persoon mag wegbly van die werk as hy of sy nie veilig voel nie. Doen iets!

Kommentaar

Republikein 2025-09-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer