SMS'e vir 23 Junie 2020
SMS'e vir 23 Junie 2020

SMS'e vir 23 Junie 2020

"Elke mens het mooi . . ."
Mandy Rittmann
Liewe genugtig! President Geingob maak die land oop, laat almal kan werk of daar gesterf word van die coronavirus of nie. Dis met groot skok dat ek Vrydag 19 Junie se Republikein oopmaak. Banke en prokureurs is Namibië. In die moeilike tyd gee hulle nie ’n duit om nie. Geen koopkrag in Namibië nie, maar hulle wil afvat en verkoop.

Mense, maak jul self gesond met huisrate as jul verkoue of griep kry asseblief. Ons het nog altyd griep oorleef.

Namibië is so ’n pragtige land. Die Namibiërs word gekenmerk deur hul eenheid en harmonie. Kom ons hou daarby en maak mekaar nie sleg nie. Ons gun elkeen sy menswees en sy kultuur. Kom ons oordeel mekaar nie, maar wees ’n eenheid. Elke mens het mooi en goed in hom. Ons as Namibiërs moenie dat slegte en lelike dinge in hierdie kosbare land die oorhand kry nie. Kom ons waardeer ons land en sy mense.

Dit is hartverskeurend om te lees van ’n onskuldige dogtertjie van drie wat met ’n mes vermoor is en weggegooi is in ’n asdrom in Soweto, Suid-Afrika. Hoe bang moes sy nie gewees het nie? Niemand kom in opstand nie, maar ’n groot man met ’n kriminele rekord gaan dood tydens sy arrestasie en die wêreld kom amper tot stilstand. Hoe sit mens daardie een bymekaar?

Sigaarrol is kuns. Dit bly die publiek se keuse om dit te koop. Daar is baie ander ongesonde dinge, wat nie verbied word nie. Ek dink Paulina verdien geld op ’n eerlike manier. Dis ’n Namibiese produk As ek ’n roker was, sou ek haar ondersteun. Viva vir die Buchters!

Dit is pateties hoe Namibië die lockdown hanteer. Suid-Afrika hou sy mense altyd op hoogte. Ons mense is pateties verby. Wat ’n skande!

It was a joy watching the African child program. Wonderful to see that Delano promotes not only his sport, but many other sports too.

Solidarity for racism should be a wake-up call to all governments who tends to ignore in house trends.

Utopia Optometrists, julle diens is uitstekend! Baie dankie ook vir vriendelike personeel.

Hoe kry ek kathare uit my lakens, kussingslope en klere? - 081 346 1810

Kommentaar

Republikein 2026-07-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer