SMS'e vir 23 Januarie 2020
". . . 'n hoogs aansteeklike virus . . ."
Terwyl slaghuise in Rehoboth sukkel met ’n abattoir hou die bosslagters sommer troppe slagskaap in hul agterplaas aan. Dit stink en dis net vlieë, maar daar word geslag! Aan watter gesondheidsstandaarde word hierdie soort slagtery onderwerp? Waarheen is RTC op pad?
Indien daar ’n herverkiesing plaasvind, moet net persone wat onlangs gestem het, toegelaat word om weer te stem. Dit sal die hoeveelheid ongerymdhede uitwys. As dr. Itula wen (en hy is eerlik) sal die besparing vir die land 100 maal soveel wees as wat die herverkiesing gaan kos.
Coronavirus-uitbraak: Het ons land se lughawens die nodige screening in plek vir passasiers wat ons land vanaf China binnekom? Soos ek verstaan, is dit ’n hoogs aansteeklike virus. - Charl Opperman
Die munisipaliteite en dorpsraadslede moet ’n ordonnansie uitreik oor die dwaalhonde en pitbulls in dorpsgebiede. Dié pitbulls word deur enige persoon bekom, sonder kennis om honde te hanteer en dan loop dié honde die straat vol. Hulle byt onskuldige honde binne erwe wat nie ordentlik omhein is nie en skoolkinders wie se ouers nie taxi's kan bekostig nie se lewens is in groot gevaar. Die gemeenskapsleiers moet na die veiligheid van hul mense omsien.
Ek was vanoggend by Okahandja in ’n verkeersongeluk betrokke met ’n taxi wat ’n u-turn gemaak het. Hiermee wil ek my dank betuig aan die Okahandja-verkeersafdeling. Hulle was vinnig op die toneel en het alles professioneel en vriendelik hanteer. Ook aan die mediese afdeling my dank! Uitstekende diens van almal. Baie dankie! - Klaus Kuhn

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie