SMS'e vir 22 November 2018
SMS'e vir 22 November 2018

SMS'e vir 22 November 2018

". . . my ook jammer kry . . ."
Mandy Rittmann
Sal CoW my ook jammer kry as ek nie my munisipale rekening of my vyf karre of my borg kan betaal nie? Of moet ek 'n "comrade" wees?



Oeps! Kan amper sê elke keer as die mossie roep, spring ons president met 'n groot gevolg op die vliegtuig iewers na die buiteland. Kan iemand sê hoeveel dae hy hierdie jaar uit die land was, en wat al hierdie buitelandse besoeke die belastingbetalers gekos het? Asseblief. - Eddie



Wilde perde. Hoekom het die ministerie nie lankal die hiënas deur buitelanders laat skiet, soos met die leeus gedoen is?



Brunhilde Cornelius van RDP. Ons in Windhoek-Noord-kiesafdeling het jou tydens die laaste verkiesing gesien. Ons sien jy kies nou kant in die CoW Kahimise-skandaal. Kom sê hallo, asseblief tog. Of is die soustrein so lekker ons wil nie stop en afklim nie?



Nelson Mandela en Hendrik Witbooi. Die twee helde sal uit hul grafte opstaan as hulle kon sien watse gemors nou in Suid-Afrika en Namibië aangaan. Sies, wat 'n skande!



Suster Steentjies, jy sing die hemel af, jy bedien my rêrig baie, eto! Van jou basterbroer. - PB



Thanks Beastmaster, Mario Guter­res. You are such humble and son of the Namibia soil. And a expert in your field. Please pass your experience to the youth of the country, Land of the brave. – Sagarias



So hartseer om te sien dat rugby glad nie 'n toekoms in Namibië het nie.



Ek is op soek na raad. Ek werk vir die afgelope meer as nege jaar by 'n sekere onderneming. Die rede dat ek my werk kan verloor, het altyd verhoed dat ek vrae oor die aangeleenthede gevra het. Vir die tyd in diens is ek en kollegas nog nooit by Social Security geregistreer nie. Die besigheid is ook nie geregistreer nie en betaal dus ook nie belasting aan die belastinggaarder nie? Alhoewel daar vir alle transaksies belasting gehef word. Ek wil net weet of dit reg is om dinge so te doen. Indien nie, kan iemand my inlig waar ek hierdie ongerymdhede kan aanmeld. – Ontevrede



Ek sukkel met weiding. Dit is droog, kurkdroog. Ek koop lusern, kragvoer by Daan Viljoen en gee lek ­(melasse), maar my bees se toestand verbeter nie. Gee tog raad asseblief. - 081 604 7642

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer