SMS'e vir 22 Mei 2019
". . . is dit hoe min . . ."
Die probleem in Namibië is “entitlement”. Elkeen kan maak soos hy wil. Dit begin by die regering en gaan af tot die man op straat. Niemand word verantwoordelik gehou vir sy dade nie, en padongelukke is slegs ’n simptoom van die werklike probleem.
"Dokters rol duime": In die berig word genoem dat die huidige interns 18 ure aaneen werk. Dit is nie korrek nie, dit is wel 28 (agt en twintig) uur aaneen! Geen mens kan vir 28 uur konsentreer of foutlose werk lewer nie. Waar is die arbeidsinspekteurs? Wat as verkeerde diagnoses gemaak word? Is dit hoe min die regering vir hul mense voel? Geen mediese ID-dokumente, geen skryfbehoeftes en geen sonar. Niks kan gedoen word nie, want geld is die verskoning!
City of Windhoek. Ja, Tolke is reg oor waterbestuur, maar wat doen die munisipaliteit en NamWater daaromtrent? Ons word net beboet vir 'n bietjie te veel waterverbruik, maar soos jy sê, dit is omdat al meer mense na Windhoek verhuis en dit is net woonstelblokke wat orals gebou word, maar watse beplanning het CoW of NamWater al die afgelope 20 tot 30 jaar gedoen? Waar is die miljoene, wat al beskikbaar was vir ’n pyplyn vanaf die Kunene- of Kavangoriviere? Daaroor is julle stil? Praat met ons daaroor.
25 kubieke meter water per huisgesin? Julle praat seker van ’n enkellopende persoon wat in ’n bachelor flat bly? Wat van ’n gesin van vyf persone met ’n pragtige, klein tuin? CoW en NamWater kan liewer opgeleide persone aanstel wat beter vooruitbeplanning kan doen.
Gaan iemand ooit luister na al die klagtes rakende skolesport? Die sirkus duur voort met verwarrende chaos oor watter ouderdomme by watter inskakel by die rugby. Die subjektiewe skeidsregters wat openlik foute oorsien of miskyk, ens. Moet alle besluite as dit by sport op skoolvlak kom, nie in die kinders se beste belang wees nie? Tog tragies dat mense seisoen na seisoen kla en dit net op dowe ore val. Kan die slim manne wat bolangs die besluite neem nie die skole se raad vra as hul jaarvergaderings hou nie?
Why does government keep blaming the low level of water in Hardap dam on drought and no rain endangering the green scheme projects? Twice they opened the sluices to divert millions and millions of cubic meters of water to Neckartal dam, which obviously never even came near the Neckartal, but vanished into dry sand. So thank you government for that.
Ek volg met belangstelling wat mense kwyt raak oor Joos Platt. Hy was die mees gehate polisieman van die SAP. Onder polisiemanne en kriminele. Hy het almal gedisiplineer en geen onderskeid gemaak nie. Hy het ons gedril. Dag en nag. Militaris was hy en pynlik met inspeksies. Ons het vandag steeds ’n regop houding as gevolg van sy dissipline en daaglikse dril. Joos Platt, hoop jy is nog steeds so regop soos ons SAP-dae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie