SMS'e vir 22 Mei 2018
SMS'e vir 22 Mei 2018

SMS'e vir 22 Mei 2018

". . .daar is murg in julle pype."
Mandy Rittmann
Ons verwag dat geld wat verdwyn het, terugbetaal word. Dit kan nie so gelos word nie.



Die grond moet net kan onderverdeel word, dan kan meer mense grond besit en meer werk geskep en plase ontwikkel word. Doen weg met apartheidswetgewing en laat mense toe om van hulle grond te verkoop.



Kom man CoW! Wys ons daar is murg in julle pype. In plaas van gaan rus Vrydag, wees deel van die skoonmaakaksie Vrydag en maak groot asseblief ons sypaadjies langs die publieke paaie skoon. Binne en rondom die middedorp. Die lang gras en onversorgde sypaadjies lyk so lelik. Ons wil trots wees op ons stad! As ons, die publiek, iets kan doen, kan julle ook.



Ek dink die klomp eiendomsagente in Windhoek moet net weer die volgende woorde in die woordeboek naslaan: “Stunning, exquisite, spa­cious, modern, beautiful, lovely.” Hulle het geen idee wat dit beteken nie. Meeste huise wat so beskryf word, is gemors. Met ander woorde, tipiese Windhoek-standaard.



In 'n onlangse uitgawe van u koerant het iemand die Kalkrand-polisie 'n lae hou toegedien. My ondervinding was die teenoorgestelde. Van my skape word verlede Donderdagnag (17de Mei) uit die kraal gesteel. Ons volg die spore en toe die tyd ryp was vir ingryping, bel ons Kalkrand se polisie. Danksy 'n op en wakker sersant Claasen word die diewe binne drie ure aangekeer en ek kry my 39 skape terug. Dank ook aan sersante Kavetu, Amunyela en Makili. Die diewe wat op heterdaad betrap is, woon op 'n hervestigingsplaas en was op borg rakende veediefstal uit!



Weet die minister van gesondheid dat die skakelbord by staatshospitale 08:00 open en 17:00 sluit? Is dit hoe toeganklik gesondheidsdienste geword het?



Dit is bewonderenswaardig dat mense skoonmaakveldtogte reël en meedoen, maar moet ons nie almal ophou om rommel te strooi nie, dan hoef niemand agter ons skoon te maak nie?



In Rundu bestaan daar net drie besighede vir "Ministry of Finance". Net hul word elke maand ge-"target". Dink minister moet ook maar die personeel bietjie rond skuif.



Soete wraak uit die graf. Lady Diana dismolish! Ek hou dop, ou maatjie!



'n Paar manne is weer lekker geboor by die 0.16 Grant Khomo-span se verkiesing. Ai, ai, moet dit altyd 'n sirkus wees?



Die huidige Jode wat in Israel bly is van Europa. Hulle is nie Israeliete nie. Hulle is nie God se volk nie. 'n Israeliet is almal wat in God en Sy Seun Jesus glo.

Kommentaar

Republikein 2025-11-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer