SMS'e vir 22 Junie 2018
SMS'e vir 22 Junie 2018

SMS'e vir 22 Junie 2018

". . .alweer 'n leeu geskiet. . ."
Mandy Rittmann
Het die minister van onderwys enige idee watter chaos haar nuutste, ondeurdagte idees veroorsaak? Die ouers van elke skool behoort te stem wanneer die skool moet begin.



Hoekom wil die regering nie 'n tweede registrasiedatum vir die Namcol graad 10-studente vir eindeksamens gee nie? Daar is baie kinders wat wil gaan skryf. Speel julle met die kinders se skoolloopbaan? Hulle het ook regte.



Jammer om te hoor, dat daar alweer en alweer 'n leeu geskiet is! Iemand doen nie sy werk nie. As u vir die bewaring van die leeus werk hier in Namibië en dit word opreg waardeer, mag sulke skietvoorvalle nie gebeur nie. Waar was julle? Die leeu het tog 'n halsband gehad? Kom ons stuur die leeus maar Europa toe, miskien is hulle veilig in die dieretuin. As dit so aangaan, sal Afrika eendag sonder die “koning van die diere” moet klaar kom. Groete, Silvia



So, washing cars at the Zambezi river is a potential environment hazard to the river fauna and flora, but planting the Desert Rose project slap bang in the Dorob Park and ­permanently damaging fragile ­ecology and breeding grounds is OK? Double standards, hidden agendas, well connected, suppose that plays a big role? What a scam this country is!



As 'n geneesheer na hy jou paspoort deurgekyk het en jou siektetoestand aangehoor het 'n siekteshandleidingboek deurblaai om hom te vergewis van jou kwaal, moet 'n mens nog na die sulkes verwys as dokter? Moet hierdie mense nie pasiënte onder toesig behandel nie? Sommige koerante berig oor dokters wat van Oekraïne, Rusland, China en elders kom en nie eens toegelaat was om aan daardie land se mense te raak nie. Dan wonder mens maar net. - Staatspasiënt



Straf die mense wat plastiek rondstrooi. Plastiek kom nie van self in die veld en see nie. Iemand gooi dit daar! Gaan kyk hoeveel “recycle” maatskappye soos Plastic Packaging en Rent a Drum. Doen jou huiswerk voordat jy sulke uitlatings maak.



As iemand wat volgens hom en sy maters 'n stam verteenwoordig iemand wat nie 'n etnoloog of volkekundige is nie vra om jou Nama-stam (die Veldskoendraers) se geskiedenis te vertel, wie is dan die een wat nie sy eie geskiedenis ken nie? Aai, die rooi toga darem. Die vere maak nie die voël nie. Koës" Village" wag. Rooiduine van verlange.



Hoekom het MultiChoice die NBC-kanaal van my pakket verwyder? Is dit omdat NBC van die “World Cup Soccer games” wys?



Baie mooi storie. Dankie, Dirk.



Thank you for your contribution Vitalis, but we have moved slowly ahead with those leaders gone. It is a new dawn and technology. Africa may just make it one day.



Mense wat op gestremdes se parkeerplekke parkeer, dit is 'n alledaagse ding. Ek het baie van hulle aangepraat en kry net onbeskofte antwoorde van groot, gesonde mense en taxi's. Het hope foto's gevat as bewys en met “traffic cops” gepraat dat hulle die persone vasvat, maar nee, hulle is nie geïnteresseerd nie. Hul sê ek moet maar self 'n saak maak by die polisie. So moet nie ondersteuning of hulp van die regswese verwag nie, hulle is min gepla! Baie treurig!



NIP cannot afford blood test bottles for hospitals intensive care units, as government owes NIP hundreds of millions? If people die as a consequence of no blood tests, should government not be held responsible for these deaths and be charged/prosecuted for negligence resulting in deaths?



Ek wil net weet of DC Gertze 'n //Habobe is, want ek glo nie dat hy ene is nie, en as hy ene is, verduidelik hoe.



Genade Tsumeb-munisipaliteit! Doen asseblief julle werk en herstel die paaie voor Kierie Shop en in Hospitaalstraat. Skaam julle!

Kommentaar

Republikein 2025-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer