SMS'e vir 22 Februarie 2021
"...die volle waarheid..."
Verwys na die opgang en ondergang van Air Namibia. Baie dankie dat iemand uiteindelik die volle waarheid oor Air Namibia vertel.
Die agterbladfoto op Vrydag 19 Februarie 2021 se Republikein laat my wonder. Beide spelers dra met prag hul klubklere, maar hul helmet wys die nasionale vlag (visarend). Ek was onder die indruk dat nasionale drag/toerusting nie saam met klubtoerusting gebruik mag word nie. Ons gaan deur moeilike tye, maar beide spanne het borge wat hulle aan die hand kan vat. Ek sal graag wil hoor of die redakteur navrae kan doen vir meer duidelikheid.
Al die dinge wat ons lees oor hoe ons land meer en meer bankrot gaan, is ’n tipiese voorbeeld van wanneer Klaas Baas gemaak word en Klaas is te arrogant of het te min insig om toe te gee dat hy moes geluister en geleer het toe hy nog Klaas was.
Geluk Tsumeb Munisipaliteit. Nog ’n speed bump waar dit nie nodig is nie. Tog word die potholes dieper en meer en die gesteelde stoptekens word nie vervang nie. Wat op aarde is fout met julle?
Tielman se Jakkalsputz-storie was skreeusnaaks! Dit roep doerie tyd se kosbare herinneringe van vakansies by die see met weemoed en verlange op. Dankie Tielman, vertel asseblief nog sulke staaltjies wat ons heerlik laat lag.
Skrywer wat Mayor Rudy aanval oor vuil dorp. Die nuwe dorpsraad het ernstiger gemors geërf wat moet reggestel word.
Ek wil net vir IPC sê: Wat van ons wat al die jare gewerk het? Is ons nie eerder geregtig op ‘n verhoging as ‘n lugdiens wat al die jare net op ‘n verlies in die lug was nie? Ek dink GIPF het al genoeg geld aan ander instansies uitgeleen. Ek dink die regering se besluit is die regte besluit.
Olushandja-kanaal. Ja nee, ‘n ander rot of kanaalrot? Koste vir rehabilitasie van kanaal N$16 120,69 per lopende meter! N$4 500 sou redelik wees.
Anyone that do not agree or doubts that our government or Swapo are not to blame for the Air Namibia disaster please read Plane Spotter’s article in the Republikein of 19 Feb. 2021 and if you do not understand Afrikaans get someone to translate “Die opgaan en ondergaan van Air Namibia” for you please.
Hoekom bedank president Hage Geingob nie? Waar is die direkteure wat vir Air Namibia moes gelei het? Maak vir Leon Jooste president. - MS Saban
Hoeveel keer moet harde musiek en geraas van dieselfde huis, sjebeen of kerk gerapporteer word, of is daar spesiale voorkeur aan spesifieke eiendomme?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie