SMS'e vir 21 September 2021
SMS'e vir 21 September 2021

SMS'e vir 21 September 2021

"...links of reguit..."
Mandy Rittmann
Kan hier op Gibeon nie opgeleide polisiebeamptes aangestel word nie, want dus 'n gebedsaak.



Die teerpaaie van Windhoek kort dringend aandag. Die wit strepe moet geverf word, veral die pad verby Safari Motel. Hoe weet jy watter baan wys links of reguit aan as die pyle op die teerpaaie al so dof is? Windhoek-munisipaliteit, verf asseblief die wit strepe op die teerpaaie.



Dit is verskriklik hoe 'n 15-jarige 'n onskuldige kind van vyf kan molesteer. Maar alle blaam kan nie net aan die kind gaan nie, dit is ons samelewing van vandag. Kinders sien deesdae goed wat hulle nie veronderstel is om te sien nie. Ek kry die kinders van vandag baie jammer. En die volwassenes skud net kop, asof hulle niks daaraan kan doen nie.



Brande is die afgelope tyd volop. Ek dink aan al die boere wat al hul weiding verloor het.



Die haweloses wat die munisipaliteit verskuif het, berig in Maandag 20 September se Republikein. Dit is 'n skande as al die beweringe waar is. Hoekom word die arme mense aan hul eie genade oorgelaat?



Ek hoop van harte die kommissie van ondersoek kom gou om ReconAfrica se bedrywighede te ondersoek.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer