SMS'e vir 21 Julie 2021
"...dan sien jy hoe gou..." 
                                    
                                                            Die vraag is nie wie moet die skuld kry vir die verbreking van die Covid-regulasies tydens die begrafnis van wyle opperhoof Rukoro nie. Die eintlike vraag is waarom niks gedoen word daaromtrent nie. Die polisie het lank voor die tyd geweet wat gaan gebeur, want dit is wyd en syd verkondig. Pateties!
Amputasie van Jayden se arm: ’n Mens moet darem op jou tande byt om nie kommentaar te lewer wat jou in die tronk gaan laat beland nie.
Die dorpsboere kom uit na die plase toe, dan sê die eienaars van die plase vir die werkers op die plaas, hulle mag nie met kuiermense hier kom nie en die werkers moet ook nie rondry nie. Dis tog te verstane, maar is dit dan nie ook gevaarlik vir die mense as die dorpsfamilie van die boere op die plase kom kuier nie?
Tate Hage! Your stance on our daughters in the Olympics will proof whether you are first a Namibian and then a businessman or vice a versa?
Ek verkneukel my oor dr. Chrisna Beuke-Muir se “Groot diens” in Vrydag se Republikein! Hou aan skryf asseblief. - Frieda van Outjo
Ek dink die onderwysers en staatsamptenare se salarisse moet gesny word, dan sien jy hoe gou hierdie land se mense inent en terugkeer na normaal. Behalwe die gesondheidswerkers, hulle doen uitstekend tydens hierdie pandemie. - RW 7
Windhoek polisiehoof N$182 000 per maand. Geen wonder die Swapo government is bankrot gegryp nie.
Ek woon in Academia. Iemand naby my is besig om bedags voëls te sit en skiet. Onder andere ook die groot ou kwevoëls. Eerstens is dit onwettig om selfs met ’n windbuks in die dorp te skiet en tweedens is dit ook onwettig volgens Natuurbewaring. As jy niks kan sien en laat lewe nie, trek dan iewers heen waar jy niks sien nie. Ons is ’n paar wat op die uitkyk is vir jou en jy gaan verseker nie loskom nie. Ons in die stad geniet die voëlgeluide en voer selfs die voëltjies. Wees seker daarvan, dat jy ’n besoek gaan kry wanneer jy dit die minste verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie