SMS'e vir 21 Februarie 2020
"Wie de hel . . ."
Verduidelik asseblief hoe Katrina Hanse-Himarwa skuldig bevind is aan soveel oortredings en dan nogsteeds aangestel word om in twee rade te dien. Hoekom is sy so populêr. Wat doen sy?
Die berig oor die hondjie wie se ore af gesny was in Walvisbaai is tog bog. Inspekteur, kan jy sien dat die hond se ore half is? Arme hond! Dit is nie ’n tradisionele praktyk vir genesing nie. Indien iemand dit vir jou gesê het, stel ek voor jy gaan doen naslaan werk hoekom die spesifieke honde se ore gesny word en ek is 200% teen die gemors. Dis onmenslik!
Die NRU se borge is weg, saam met die rugbymaatskappy, kundigheid en spelers. Politiekery en eiebelang is mos baas. Wil betrokke raak by NRU, maar hoe kan ’n mens? Smaak my Republikein sport werk vir NRU, want sowat van part vat het ek lanklaas gesien.
Verwys na bladsy 3 van Woensdag se koerant. Wie de hel dink die LPM-leiers is hulle om Namibië se regbank so arrogant en respekloos aan te val?
Ja, N$1 300. Hoeveel van die bejaardes het ’n paar jaar terug die veterane van kos, slaapplek en nog ’n rantsoen vir die volgende dag voorsien, maar dit word oorgesien en is vergete. Is hulle nie nou self veterane nie, verdien hulle sulke behandeling? Vra maar net. - JJ van die Noorde
Asseblief, laat my toe om die banknoot te ontwerp vir die viering van 30 jaar onafhanklikheid. Op die voorkant sal ek al die ministers plaas wat deel is van die Fishrot sage en op die ander kant ’n foto van ’n groot, swart, duur Mercedes met GRN-nommerplaat en langs die motor ’n kind wat ondervoed is.
Ek wil net graag by die Coke Maatskappy vra waarom die Kafeïen en Suikervrye Tab nie meer beskikbaar is op die rakke nie? Dit is die enigste koeldrank met Coke-smaak wat Kafeïenvry is. (Die Coca-Cola Namibia Bottling Company is genader vir kommentaar, maar geen skriftelike reaksie is ontvang nie.)
As jy aan ’n plaaslike kompetisie deelneem, ontvang jy ’n oproep van ’n private nommer. As jou aksent nie reg is nie, is jou kans om te wen nul. Ek het nie aan die jongste kompetisie deelgeneem nie en nie ’n oproep ontvang nie. Is dit bloot toevallig?
Ek soek 2de- of 3de handse sinke in Hardap om te koop. – 081 256 1296
Ek vra raad. Ek het nou onlangs ’n heupvervanging gehad. Die heupoperasie het veroorsaak dat ek ’n voet het wat swel, dood is en pyn. As gevolg van dit kan ek ’n knieoperasie laat doen? – Bejaarde
Iemand wat braairoosters maak. SMS asseblief – 081 218 0122.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie