SMS'e vir 21 April 2016
SMS'e vir 21 April 2016

SMS'e vir 21 April 2016

Gerine Hoff
Die hoofartikel m.b.t. sjebeens, op die man af en inderdaad die oorsaak van vele probleme. Die kwessie is egter polisiemanne se betrokkenheid van eiebelang by sjebeens enersyds en ander se vrees om betrokke te raak. Daar behoort ordentlike subpoena-gesteunde raids op sulke neste plaas te vind.

Is dit dan nou onwettig om ou weermagklere, rugsakke, slaapsakke ens. te hê? Ek verstaan onwettige wapens en ammunisie, maar plastiekkiste? Waarmee is die staat besig?

Wat maak leiers uit Suide in parlement en kabinet? Waarom is julle doodstil oor Nama-volksmoorde? Waarom word Namas nie gemobiliseer om in groot getalle op te kom nie? Waarom is julle Suide-leiers so stilbek wanneer ons Namaland se plase deur minister Utoni Nujoma weggegee word? Namaland se landbougrond word uitgedeel aan enige mense behalwe Hardap- en Karasstreek se inwoners wat aan agterspeen suig. Wanneer sal die Suide se politieke leiers in Swapo praat namens ons?

Mense, word wakker. Martin Dentlinger is besig om die Bastervolk teen mekaar op te steek vir afguns en jaloesie teenoor Sam Khubis-komitee. Dank God jul krag kom van bo. Gaan aan, julle doen ’n fantastiese job. Mag God jul seën vir jul insette.

Goed gedoen MTC, maar. . . Met groot belangstelling gelees van MTC se “eerste in tegnologie vir Namibië”. Fantasties - 4.5G! En dit nogal met die visie om te verseker dat individue ook toegang daartoe gaan hê. Wonder net of dit moontlik is as hulle nie eens 3G in Olympia kan verskaf nie? Beste konnektiwiteit is ’n skamele Edge teen ’n gemiddeld van 7 kbps. 1 Gbs? Se voet. – Bernie

Ek stem saam, Esme. Ook pensioenaris van H/baai. Bly in my eie huis (2-slaapkamer) maar alleen, het woonstel beskikbaar, maar wat inkom is nie lonend nie. Sluit maar toe!

Ek stem saam met die persoon wat oor dissipline praat. Sonder dissipline is die wêreld in ’n warboel. Lees ons nie ons Bybels nie? Kyk hoe gaan dit oral, veral in skole. Dis regtig ’n ramp! Kinders praat met onderwysers soos hulle wil. Kinders maak wat hul wil. Ons moet eendag rekenskap gee. Ons het mos sekere dele uit die Bybel gehaal en besluit lyfstraf en tug is verkeerd. Wat jy saai, sal jy maai, onthou dit.

Groot Aub-winkels: Sekere winkels gee nie plastic drasakke vir kruideniersware wat jy koop nie, vernaam as ouers die kinders stuur. Helfte van kruideniersware raak verlore padlangs, die brood is uitmekaar. So nuwe CDC-komitee, besoek winkels en vra tog dat dit aandag geniet.

Nou is daar ’n klomp mense dood in die Vrystaatse busongeluk vir suiwer politieke redes en om getalle by byeenkomste kunsmatig aan te vul. Hou die ANC-leierskap direk verantwoordelik vir die lewensverliese.

Ek as ’n Lutheraan ELK Gibeon, wil weet oor die projek van die kerk. Kry die gemeente nie die verslag nie, of wat gaan aan. Laat ons hoor asb?

David by Pupkewitz Megabuild, dankie vir jou goeie diens. – Anita

Dankie vir die huurbeheerraad. Twee is by my uit ná hulle plekke gebreek het, net so gelos en weggehardloop het. Nou gaan hulle iewers anders afbreek.

My rugsak is Sondag gesteel met my laptop en dokumente en selfone. Enige iemand wat my dokumente optel, skakel my asb. by 081 618 2149. Ek is Petronella Buys.

Oral op Otjiwarongo word nou 4 rigting stops opgesit, maar die mense weet nie hoe om dit te gebruik nie. Taxi’s stop glad nie. Kan die verkeerspolisie dalk help.

Baie dankie vir Marshall in Windhoek by Multichoice en Andreas by dieselfde company op Swakop. Dit was puik diens. Nooit geglo dat so iets nog bestaan nie.

Ek stem saam met die leser oor werktyd wat gemors word deur rokers – en as hul rook nog ander mense benadeel. Dit is sleg vir ander ook. Neem asb. ander mense in ag.

Aan alle sosiale mediavarke, neem asseblief kennis dat ons nou moeg raak van julle onbenullige uitlatings oor Gibeon. Dit is baie duidelik dat julle oningelig en afgunstig is, vol stories en niks positiefs het waarmee julle vir julleself kan besig hou nie. Ons is trots op ons plek. As julle in glashuise bly, moenie klippe gooi nie. They are chasing the investers away. Governor, please take action and call them to order.

Ek het op 18/04/2016 die graf van my moeder besoek omdat dit haar verjaardag is. Was ek nie geskok om die toestand van die begraafplaas te sien nie. Geen werker in sig nie. Die bome wat onlangs geplant is, is omtrent alles dood. Voor onafhank­likheid was dit die tweede mooiste begraafplaas in die wêreld. Randstene en ou waterpype lê orals rond. ’n Oudwerker by die begraafplaas sê vir my hulle sit heel dag in die kantore en doen niks nie. Indien daar oorlewendes is, vra ek u mooi om die gedeelte waar jou geliefde of ouers rus, asseblief skoon te maak. Sies munisipaliteit!

Dankie vir besighede soos Mentor Fish Traders wat nog vir ons kos/vis bekostigbaar maak in die tye van armoede. God seën julle!

Hoe werk dit? Graad 4 in staatskool en my kind het nog nie hierdie jaar huiswerk gekry nie? Sy sukkel met Engelse spelling, kan sien die juffrou leer haar nie. As ek vra waar is die Engelse opleidingboek dat ek haar kan help, sê sy hulle mag geen handboeke huis toe bring nie. Is dit maar normaal dat ’n rekenaar in die klas aangesit word en die kinders dan luister daarna en dan daaroor skryf sonder spellesse?

Dienste by die Katolieke hospitaal op Rehoboth is baie tragies, dan kry jy nog van hulle wat onbeskof is. Maak ’n verandering en dan sal die siek mense ook beter voel.

NRU-keurders, waar kom julle aan sommige spelers in die huidige ­Curriebekergroep? Van hulle het nog nie eens hierdie jaar ’n opwarm­wedstryd vir hul onderskeie klubs gespeel nie. Ek sal baie graag wil weet hoe speel so ’n persoon in hierdie kompetisie. Ek weet sommige klubs in Windhoek vry hard na spelers aan die kus en dit is moontlik die rede vir sekere spelers se insluiting in die NRU-span. Dan wil ek net daai ondersteuner wat sulke negatiewe aanmerkings gemaak het as Russel van Wyk miskien te lank aan die bal houvas het, vra om tog sy mond te hou indien hy nie iets goed kan sê nie. Los die rassisme daar op jou plaas.

Mense op Rehoboth, word grafte ook gesteel en verkoop? O my God, moet ek tot in my dood ook grond steel? Skande vir julle wat dit doen. Pasop, ons weet van julle. Wanneer word daar ’n heining opgesit, ordentlike toilette gebou sodat ons ons geliefdes waardig kan begrawe? Gemeen­skap, kom ons vat hande en ons doen die werk self as die amptenare dit nie kan doen nie. Die 2de Mei vat ons ons erwe en binnekort bou ons self ons huise. Die eenkeer staan ons as ’n nasie saam. In my koninkryk moet daar niemand so arm wees dat hy nie hoender in sy pot het nie. Wees gewaarsku, ons gaan Council by die stembus ontwortel. – Vuurvreter

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer