SMS'e vir 20 November 2020
SMS'e vir 20 November 2020

SMS'e vir 20 November 2020

". . . gaan normaal aan."
Mandy Rittmann
Hoe gebeur dit dat jy Covid optel by ’n byeenkoms? Het jy jou masker opgehad, wil ek weet. Anders is die hele oefenlopie mos nie die moeite werd nie. Ons was nou heel jaar gelockdown by die skole, sodra ons net iets gehoor het. En nou, nou is daar soveel skoolkinders en onderwysers wat dit het, maar alles gaan normaal aan. Nou vra ek: hoekom is ons onderrigtyd so gemors deur kort, kort skole te gesluit het? Ons moet tog regtig begin konsentreer. Ons kinders het nou daaronder gely en nogsteeds.

Verduidelik my tog asseblief hoe werk Fishcor en SPP se ooreenkoms, want soos ek dit verstaan het Fishcor 40% aandele in SPP. SPP het die belegging gemaak en Fishcor onttrek nou sy kwotas. Hoe kan jy jouself tekort doen? Jy kan tog nie 'n vliegtuig wat klaar opgestyg het tot niet maak nie. In Vadersnaam, dink tog aan die mense vir 'n slag en gee vir SPP die kwota sodat die mense kan werk en vir hulle kinders kan sorg.

Kan ’n kerkraadslid, ouderlinge wat deur die gemeente gekies is met die ander mense afskop sonder die gemeente se wete en kan ’n kerkraadslid 20 jaar saam lewe en nog as ouderling gekies word en haar vryman is gekies om ouderlinge uit te kies. Wat het van die kerk geword, dat die kerk nou mense se kerk geword het?

Hoekom het dokters in Windhoek nie respek vir ander mense se tyd nie? Wie betaal vir hulle luukse leefstyl? Maar nou is mense verleë oor hulle diens, maar word soos leegleêrs behandel wie se tyd nie kosbaar is nie.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer