SMS'e vir 20 Maart 2019
SMS'e vir 20 Maart 2019

SMS'e vir 20 Maart 2019

". . . werk vir jou huisie . . ."
Mandy Rittmann
Kan mnr. Amupanda asseblief vir ons die statistiek wys en sê waar hy dit vandaan kry dat wit mense meer as 70% van beboubare grond besit.



Die herposisionering van die houtreserwes is al 'n staatskaping in ons buurland. Ook vir jare onder die mat ingevee, totdat die mat ook op 'n dag voete gekry het.



Job en AR, begin soos normale mense werk vir jou huisie. Bring my 'n bewys dat enigiemand, wit, swart of bruin, huise gekry het van voor jou geboorte af. Dis omdat jy net alles wil hê sonder om daarvoor te werk. Onthou ook maar dat aksies 'n reaksie kan bewerkstellig.



Die Namibiese polisie se pleidooie val op dowe ore? Hulle moet natuurlik net hul kant ook bring. Doen verkeerswetstoepassing met ongemerkte voertuie ten opsigte van bewegende oortredings en vang vir spoed in die dorpe in plaas van om oral spoedhobbels op te rig. Stel ook strikke vir die bribe-vatters en sluit hulle toe.



Ae tog mense! Mens voel nie oraait nie. Die mense wat op ongeluks­tonele kom en foto's neem en rond stuur, hou tog net op, dis nie mooi 'n ding nie. Dit beteken net jy is gevoelloos. Weet regtig nie hoe om te sê nie.



Ja, minister Katrina was nie die grondminister nie, maar as goewerneur van die Hardapstreek het sy direkte invloed gehad op die benoeming van begunstigdes om plase te kry. Haar seun het nie aan een van die vereistes op die aansoekvorm vir hervestiging voldoen nie. En wat van haar oom wie 'n plaas het en toe nog een kry, net om die ander een terug te kry? Die land is so deurmekaar omdat daar mense is wat die korrupte praktyke van leiers goed praat.



Noodfonds word gebruik vir weermag om te spog met onafhanklikheid, maar dis droogte. Kinders gaan skool sonder kos, hospitale het nie medisyne nie. Lang lys van prioriteite, maar wat maak dit saak, solank 'n paar belangrike persone kan eet en drink en spog.



Ek wonder net hoe leef prokureurs met hul gewete saam en hoe vra hulle vergifnis vir hul dade as hulle alles in hulle vermoë doen om skur­ke te verdedig en vry te kry. Maar vir 'n sak vol geld vergeet 'n mens jou menslikheid en regverdigheid.



Ons moet belasting inbetaal, maar die belasting wat hulle ons skuld, word nie betaal nie. Kan iemand sê hoekom nie.



Dis tog erg as pensioenarisse hulle volwasse kinders onderhou. Kom kyk die speletjie in Ariamsvlei, want daar word geen erwe uitgegee nie. Baie pateties!



Sekere mense het nie die vermoë om hoogte, diepte en afstand te skat nie. Voeg 'n onderontwikkelde gevaardrempel daarby en dit raak 'n dodelike kombinasie vir hulself en almal om hulle se veiligheid. - SAP&H



Wat gaan aan met hierdie TV-­sepies? Ons as ouers sukkel reeds om ons kinders die gevare van same sex-verhoudings te probeer leer, nou is die skrywers besig om dit goed te laat lyk, as u saamstem. Help dat ons die sepie boikot. Ek bedoel Suid-­Afrikaanse sepies.



Ministry of Youth and Sports centers are white elephants and staf are permanent drunk or out for shopping or on holiday. What waste of tax payers money, pay for nothing. You want us youth to vote for what?



Die rivier oorkant NTA in Randstraat is so toegegroei van gras en bome die skelms kruip daar weg. Ons leef in vrees. Kan die munisipaliteit nie kom skoonmaak? Kom kyk self. Die huis oorkant NTA se hoofingang is so toe van bome mens kan nie eers die huis sien nie. Maak plan asseblief!



Carwash in Mahatma Gandhistraat is 'n gemors. Karre word in son gewas, maak 'n plan meneer.



Alle honde-eienaars, tel asseblief jul hond se poef op as jul met hul gaan stap buite jul erf. Moenie vir ander bewoners 'n probleem word nie en wees bedagsaam asseblief.



Baie bekommerd! Die droogte raak alle boere klein en groot en dis baie tragies. Wil graag weet by wie of waar die kleinboere in die Gochas-omgewing om hulp kan aanklop. Hulp in die vorm van voer, asseblief.



Maltahöhe se Agra-personeel gee top, vriendelike diens. Die winkel is skoon en elke item op sy plek. Hou so aan. Hoop ons kry sulke personeel op Ariamsvlei.



MultiChoice Namibia. Why do you remind me every end of the month to pay my account if I have a stop order with you and even apologise for the inconvenience. Get the IT expert to make the necessary changes to the system please.



Ontmoet vandag by 'n inkoopsentrum twee legendes: Joos Platt en Hennie Barnard. Wat 'n goeie gesprek. Geen politiek. Geen resessie. Topic. Lyfstraf en toepaslike straf. Toekenning van borg. Dankie vir julle goeie insette. Wens julle albei lange lewensjare toe.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A