SMS'e vir 20 Maart 2017
“. . . in sommige gevalle met 1 500% verhoog . . . ”
Geluk met onafhanklikheid, my liewe Namibië. Kyk uit vir dit wat goed is en vier dit. Almal verdien 'n bietjie genot een keer 'n jaar.
Ironies. In Otavi word die waardasierol deur die hof uitgegooi omdat die mense nie genoeg inspraak gehad het nie. In Mariental het die mense nie eers vooraf die rol gesien nie. Dis deur die hof bekragtig sonder enige inspraak deur die mense. Terloops, in Mariental is waardasies ook in sommige gevalle met 1 500% verhoog.
Kan 'n mens nou nog ons nasionale parke besoek of is dit veiliger om by die huis te bly?
Skokkend dat die NDF op kinders skiet. Hoe kan enige regdenkende mens dink iemand sal met sy gesin rondry op soek na 'n olifant om te stroop? 'n Vriend van my werk dikwels aan kontrakte daar bo in die Zambezi-streek en plaaslike inwoners van die omgewing is bang vir sommige van hierdie soldate. Vra bietjie rond hoekom en jou hare sal regop staan.
Die SME Bank-base se hofaansoek is 'n groot grap. Hulle het verdien wat hulle nou kry. Dis tyd dat daar 'n slag 'n voorbeeld van arrogansie gemaak word.
Hoe is dit moontlik dat die polisie nie weet daar's 'n koeël in die arme kind se kop wat in die Bwabwata Nasionale Park geskiet is nie? Hoekom sê hulle dis vir hulle nuus? Of probeer hulle iets wegsteek?
Ek hoor die treinspoor na Lüderitz het 100 jaar gelede 'n sinkbeskutting gehad om te keer dat die sand op die spoor beland. Nou moet TransNamib van voor af soiets op tender sit. Hoe is dit moontlik? Dink niemand by daai plek nie?!
Namalanders, voor onafhanklikheid, waar het julle gewoon? Swapo-regering koop plase in Namaland van wettige eienaars en “resettle” mense op daai plase. Wees dankbaar.
Minister Doreen Sioka, kan jou ministerie nie maar vir ons “pepper spray” gee nie? Ek wil ook myself graag verdedig teen skelms en kwaaddoeners, maar waar moet ek die geld kry om die goed te koop? Want ek hoor jy is moeg vir geweld teen vroue en kinders, soos ons almal maar! Maar die geweldenaars steur hulle nie aan ons moegheid nie, dalk sal jou “pepper spray”-strategie meer doeltreffend wees?
Huurinflasie 9,8%! Wanneer kom die huurbeheerraad? Huurders moet beskerm word!
Ons regering is so stadig, die tyd het hulle gevang toe hulle die tyd wou verander. Hahaha!
Die persoon wat so ewe verduidelik dat die donkieslagpale vir die velle is en nie vir die verwerking van vleis nie: Nou waar dink jy gaan hulle die donkievelle kry sonder dat daar gaan vleis wees wat moet verwerk word? Die punt is, donkies gaan geslag word.
Stop asseblief die donkieslagtery. Daar is 'n hele paar cheetah-plase wat die ou donkies by die mense sal koop. Kyk mooi na julle pragtige donkies.
Ongelooflike foto op 17 Maart se voorblad van die duin wat op die spoorlyn tussen Aus en Lüderitz gevorm het. As daar nie iemand bo-op daai duin in die foto was nie, sou mens kon dink dis net 'n hopie sand wat daar lê, maar dis 'n uitgevrete duin! Baie interessante storie.
Ek hoop die sekuriteitswagte staak. Ons betaal elke maand ten duurste vir private veiligheidsmaatskappye om na ons om te sien, maar die arme wagte sien die minste daarvan.
As iemand wat gereeld na klubrugby in Namibië kyk, bespeur ek soms daardie mees tragiese van verskynsels: talent wat nie tot sy reg kom nie. Met die talent wat iemand soos Léan Stoop het, behoort hy darem rêrig meer gereeld op 'n hoër vlak as net vir Wanderers te speel. 'n Paar sewestoernooie en een of twee toetse vir Namibië 'n klompie jare gelede, vertel mos sekerlik nie die volle verhaal van waartoe hy in staat is nie. Of dit talent of geluk (of goeie gene?) is, weet mens nie, maar hoekom wip 'n bal nooit vir hom verkeerd wanneer hy op volspoed hardloop nie? Met die winde van verandering van 'n nuwe afrigterspan vir die Curriebeker, en meer erns met die fiksheidswerk vroeg in die seisoen, sal 'n mens hoop dat ons land van 2017 af selfs meer van sy rugbytalent aan die wêreld uitstal. Want daar is nog talle ander sulke name.
Die Kollig het 'n heel nuwe “feel”! Dit lyk goed – hou so aan!
Vorige twee presidente ontvang ook groot geld maandeliks tot nou. Laat president Geingob ook ontvang wat hy verdien.
Die president en al die ministers moet skaam voel vir wat hulle verdien in 'n land waar so baie so min het. Hulle praat al lank van ongelykheid in die land, maar doen gedurig net dit wat die probleem erger maak.
Ek kan nie verstaan hoekom geen oplossing vir ons sokker gevind kan word nie. Die verskillende klubs bestaan en die spelers is daar. Laat hulle speel. As die administrasie nie geld het om hulself te betaal nie, moet hulle bloot laat gaan word. Sokker is moontlik sonder administrasie.
So, na 27 jaar – wat het verander? Mense ly steeds honger, is steeds werkloos, het steeds nie water en elektrisiteit nie – en wie se skuld is dit? Net soos voor onafhanklikwording is dit mos maar altyd die regering se skuld.
Ek het vanoggend by Eros-inkopiesentrum gesien hoe 'n GRN-kar op die parkeerplek vir gestremdes stop. Minute later het 'n ouerige dame in 'n rolstoel daar probeer stop, net om te sien dit is reeds beset. Sy moes op 'n ander plek stop en sukkel-sukkel, vir amper 20 minute, om by die dokter uit te kom. Die bestuurder van die GRN kar het duidelik nie ge-“worry” nie en haar kar net so daar gelos. Die arme vrou in die rolstoel is deur lede van die publiek gehelp om by die sypaadjies op te kom. Die bestuurder se verskoning: sy het nie gesien dit is 'n “disabled parking” nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie