SMS'e vir 20 Julie 2021
"... lelik bedaar ..."
Onse Grootman sal nou ouboet Chinaman se wenresep wat hul in 'n leeftyd bereik het voor sy eindtermyn copy en paste en implimenteer in Namibië om van armoede ontslae te raak. Die Harambee-towerstaf sal sy deel moet doen waar HPP1 & 2 gefaal het. Watse wonderwerke Grootman uit sy hoed sal pluk, sal ons moet wag en kyk. Houdini is al oorlede, truuks en al. "Open sesame", slagspreuk van Ali Baba, sal dit werk? Siener van Rensburg het nooit gepraat van 'n man wat glo onder 'n boom gebore sou word wat wondere sou verrig vir 'n bankrot Afrika-staat nie. Laat "Day dream believer" asseblief ophou droom. - Keinamab
Die dorpsboere kom uit na die plase toe. Dan sê die eienaars van die plase vir die werkers op die plaas hulle mag nie met kuiermense hier kom nie en die werkers moet ook nie rondry nie. Dis tog te verstane, maar is dit dan nie ook gevaarlik vir die mense as die dorpsfamilie van die boere op die plase kom kuier nie?
Tate Hage! Your stance on our daughters in the Olympics will proof whether you are first a Namibian and then a businessman or vice a versa?
Khomasdal stadion: Ek wil net voorstel dat die stadion na Bobby Sissing Stadion/kompleks vernoem word. Ek is nou 53 en het van 7 jaar af sokker daar gaan kyk en die oom daar leer ken. Hy het nie net sokker bymekaar gebring nie, maar Khomasdal en Katutura se mense ook. Hy het gemaak dat bakleiery in Khomasdal, veral by die Star, lelik bedaar het. Khomasdallers (wat so styf was) het meer social begin raak ondermekaar. So,ek neem aan vir hom het dit nie net oor sokker gegaan nie, hy wou ook mense bymekaar bring, so los die "los politics" mense, asseblief tog.
Ek verkneukel my oor dr. Chrisna Beuke-Muir se "Groot diens" in Vrydag se Republikein! Hou aan skryf asb. - Frieda van Outjo
Amputasie van Jayden se arm: ’n Mens moet darem op jou tande byt om nie kommentaar te lewer wat jou in die tronk gaan laat beland nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie