SMS'e vir 20 Desember 2017
SMS'e vir 20 Desember 2017

SMS'e vir 20 Desember 2017

“Dit is ’n skande...”
Sies vir Namibië se grenspos by Buitepos! Dit is 'n skande om besoekers uit Suid-Afrika so te behandel. Ek skaam my vir julle! Onthou ons word almal gereken as Namibiërs, so dit is 'n klad om ons almal se name. Hoop dit word gou reggestel!



Wat 'n skande by ons land se grensposte. Dit is vreeslik as jy jouself skaam vir 'n onbeholpe regering en amptenare. Ek hoop maar net die besoekers en toeriste verstaan dat alle Namibiërs nie so is nie.



Inspekteur Eiseb en Nampol-verkeersafdeling. Julle hou jul op by padblokkades en checkpoints met LED ligte en wit ligte op voertuie. Lisensie nie op linkerkant van ruit (terwyl Reg 50 (1) sê aan die voertuig se ruit aan die binnekant, sodat dit duidelik sigbaar is as jy voor die voertuig staan) met Tarra and Gvm op sleepwaens en karavane se linkerkant. Maar tussen padblokkades ry mense soos padvarke. Dit jaag teen hoë spoed, steek verby op gevaarlike plekke, op sperstrepe ens, want hulle weet daar is geen verkeersbeamptes wat patrollie dienste doen, tussen padblokkades nie. Groete. Fanie Kruger



Baie dankie aan die personeel van NWR op myl 72. Hulle is vriendelik, behulpsaam en doen hul bes om die kamp weer na ou glorie te herstel. Die kamp is skoon, daar word gerecycle en na voorstelle en raad geluister. Dalk kan die media kom kyk en ook iets positiefs skryf. Ons kamp lekker. Dankie Frans en jou span!



Mr President! Open your eyes and see the rot around you. Consortium of highly connected Namibians, mostly officials and ex-officials who got rich in selling their fishing quotas involved in fishing co Pacific Andes based in Mauritius to evade taxes, but you squeeze the last drop of blood from the man in the street

in taxes? Poor Namibia is soooo rotten and no consequences under your watch!



Farmer Ndakukamo loses more cattle to lions from Etosha: This is governments fault, but lions get shot, why have Etosha fences not been fixed? Is the farmers farm fenced? Regarding killed goats as a reader pointed out, pictures show no blood?



Dit het nou tyd geword, dat ons as gemeenskap in Rehoboth intree en iets daadwerkliks aan die water situasie doen. Die president het gesê 'n persoon moet verwyder word as hy of sy nie hul werk doen nie. Weet die mens in beheer, dan nie om na die waterlesing te kyk en te koop voor dit op is nie? Pateties! Dit is wat hulle is, maar natuurlik eers gesorg vir vet bonusse.



So president Geingob is full of praise for ACC's Paulus Noah, while not performing up to the masses expectations? No wonders if Noahs does and don't comes from higher office? – Blackmud



Unbelievable! Regering hervestig probleemleeus (sonder halsbande) van Torra-bewaringsgebied, waar heinings stukkend is na Erongo-bewaringsgebied, waar daar geen heinings is. Baie gasteplase met wandelpaaie en net 30 km vanaf dorp Omaruru? Halloooo het enige iemand hier gedink? Of net weer 'n ongelooflike onbesonde besluit? Ongelooflik!



Wat hierdie Rehoboth-dorpsraad nie nog alles gaan aanvang en inwoners se bloeddruk opjaag nie, is 'n ope vraag. Water heeldag swakker as baba se piepery. Inwoners hoe lank gaan ons nog gebuk moet gaan onder hierdie gemors? Hulle het natuurlik vet bonusse vir hulself toegeken en de hel om Namwater te betaal. Moet ons Kersfees vier met haat in jou hart. Maandae is wasgoed was dae en dit word hier so gedoen. Wat vorentoe?



Namibians don't be suprised if the tribalist Team Swapo is hatching a new scheme to distabilise the Hage administration like registering the AR as a political party mobilising and insticating the so called struggle kids to become even more lawless hoolicans in order to put the blame on President Hage Geingob and his administration. Alert Namibia the fight is not over yet.



Rehoboth sedankarre, bakkies en 7 seaters, julle kan tog end kry om hikers vir N$30.00 te laai. Julle maak die besigheid dood vir bussies wat besigheid maak. Ek weet in elk geval nie hoe jy as byvoorbeeld sedan eie­naar vir jou 'n gesinskar koop. Nou kan jy nie petrol bekostig en nou laai jy vir N$30.00 hikers, dit beteken dat as jy vir drie dae uit jou eie sak petrol moet gooi, is jy bankrot of die bank repo jou kar aan die einde van die maand. Dan breg jy nog!



B1 tussen Keetmanshoop en Gochas? Die joernalis het definitief nog nooit suid van Windhoek gereis nie. Het miskien nie eers 'n bestuurderslisensie nie. Redakteur word wakker! Republikein lesers is berese intelligente mense!



Sap and H rêrig? Honde in eetplekke is nie koel nie, maar erger as sigarette? Hare en krummels vs kanker om nie van die stank te praat nie? Wat!



Kan die munisipaliteit nie iets doen aan die inwoners van Seniorpark. Dit is 'n skande soos hulle water mors, hulle maak elke dag die tuine nat, dan loop die water soos damme. As ek daar gaan kuier dan maak hulle ook 12 uur die middag in die hitte nat.



Wat Rehobothers gevrees het, gebeur toe. Dorp weer sonder water en dit met Kersfees op hande. Sogenaamde dorpsraadlede hou al vakansie en ons weet ook hoe sommiges hulle kan geniet. Om te dink hulle het hul self weer gekies. Maak klaar vir 'n droë Nuwejaar. Kom ons gaan soek hulle.



Baie dankie mnr. van Rooyen vir u vlinke en hulpvaardige diens by Quality Tyres in Keetmanshoop.





Bly jy in die binneland of aan die kus en word gepla deur kokkerotte? Neem gelyke dele strooisuiker en gips poeier en meng deeglik. Plaas dit in klein houertjies waar die kokkerotte is, maar nie peuters of honde dit kan bykom. Dit vat 'n tydjie voor dit begin werk so wees rustig, dit werk! – Sollie



Zimbabwe kontrakteurs wat in Namibië kom werk, betaal nie hul subkontrakteurs nie en vat die geld uit die land en ons regering kan ons nie help nie. Is daar miskien iemand wat kan help?



Wie in Windhoek kan tog vir my 'n bed gee asseblief mense, ek lê jare op die vloer. Ek kan dit nie meer hanteer nie ek sal dit baie hoogs waardeer. – 081 378 0432



Republikein kan gerus julle aardrykskunde van Namibië opskerp. Market Watch vandag: B1 teerpad tussen Tses en Gochas? Kom by julle is verdwaal. Louis Burger.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City #N/A Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% #N/A